Is die wrywing tussen Rusland en Europa besig om kookpunt te bereik? ALI VAN WYK verduidelik wat presies aan die gebeur is. Hy skryf ook oor een van die verstommendste musiekwerke wat nog gekomponeer is – die Fin Jean Sibelius se vioolkonsert.
Nuutskeppinge is een van ALI VAN WYK se geheime belangstellings. Hy raak skoon emosioneel oor nuwe woorde, en dis nie altyd mooi nie. Hy skryf ook oor die onderskatte Franse komponis Gabriel Fauré se wonderlike Eerste Klavierkwartet.
Party kenners sê Turkye kan in die toekoms 'n groter probleem vir Israel as Iran word. ALI VAN WYK kom agter die kap van die byl. Hy skryf ook oor Maurice Ravel se wonderlike klavierkonsert in G majeur en deel van sy internet-ervarings.
ALI VAN WYK gesels oor die beste werk van die grootste komponis van die 20ste eeu, en ook oor die slag toe hy in Suid-Afrika uitgeval het! Daar is ook vyf lekker televisie-dinge om te geniet.
Dit is 30 jaar sedert die All Blacks laas op 'n regte maandelange toer in Suid-Afrika was. ALI VAN WYK vier die geleentheid! Hy bekyk ook 'n werklik onderduimse komponis uit die 17de eeu.
'n Reis is nie 'n reis sonder 'n trein in die nag nie. ALI VAN WYK vertel van sy trein-ervaring by Witput in die Bo-Karoo. Hy deel ook 'n paar prikkelende skakels en skryf oor Frank Zappa se laaste werk voor sy vroeë dood.
'n Mens waag maar 'n kans met enige selfsorg-verblyf. Jy weet nooit presies wat jy kry nie, al het jy deesdae al die terugvoer op webwerwe soos Lekkeslaap.co.za. ALI VAN WYK deel 'n paar harige stories.
Het jy al gehoor van 'n hidrouliese pruik of die inplanting van 'n ampule vol diamante onder die vel? Droom jy van wildeperde in die Mojave-woestyn? TOM DREYER loop 'n paar eienaardige draaie met jou gedagtes.
ALI VAN WYK stem nie saam dat die groottaalmodelle van KI intellektuele diefstal pleeg nie, maar hy wantrou die stelsels daaragter net soveel soos Naomi Klein. Hy verduidelik ook hoe die Poolse komponis Frédéric Chopin hoë kuns uit nederige oefeninge kon skep.
As geweld so 'n slegte ding is, hoekom het ons as kinders dan so baie daaroor gelag? ALI VAN WYK wonder of mense inherent gewelddadig is. Hy bespreek ook 'n paar vrolike hoogtepunte van die Sokkerwêreldbeker en luister na Edvard Grieg se beroemde Klavierkonsert in A mineur.
Baie word gepraat oor Trump en die Irannese, maar niks word gesê oor die lot van die klein Golf-dinastieë soos Katar, Bahrein en Dubai nie. Hierdie lande is in 'n netelige posisie. ALI VAN WYK bekyk hul situasie, en gesels ook oor 'n monumentale kamerwerk deur W.A. Mozart.