PIET CROUCAMP skryf oor die sluipmoordpoging op Rusland se adjunkhoof van militêre intelligensie, lt.genl. Vladimir Alekseyev, en hoe dit Brittanje in die visier van die Federale Veiligheidsdiens (FSB, die voormalige KGB) en die Buitelandse Intelligensiediens (SVR) geplaas het.
PIET CROUCAMP grawe 'n ou wysheid uit sy verlede op: Jy kan enige goeie saak ondermyn deur jou kritiek te oordryf. Hy sou hierdie waarheid wou oordra aan Rob Hersov, willewragtig-miljardêr en populistiese stem van die neoregses.
PIET CROUCAMP vertel van sy ete met 'n Kubaanse spioen genaamd Jesús in Moskou. Hy word voorgestel aan Carlota Lucumí, La Llorona en El Viejo de la Ropa.
PIET CROUCAMP word geteister deur vervloeiende verhale, temas en argetipes in Carel van der Merwe se Die Serwiër en Christopher Nolan se verfilmde weergawe van Homerus se Die Odusseia (The Odyssey). Dit alles teen die agtergrond van Suid-Afrika se georganiseerde misdaad.
PIET CROUCAMP beweer dat dit wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig word, waarskynlik ou nuus is binne die Johnson-regime en Idac. Intimidasie ontmoedig teëspraak.
PIET CROUCAMP het LitNet en Etienne van Heerden se Veldsoirée in Nxuba (Cradock) bygewoon. Hy wou nog altyd gaan luister na wat die skrywers alles te sê het. Hier is sy kort introspektiewe (na)betragting, gelewer op die laaste dag van die geleentheid.
PIET CROUCAMP vra: Hoe praat ons met mense wat nié in die AfriSol-dampkring is nie? Hy verwys na 'n onderhoud met Daryl Swanepoel by Netwerk24 en vermoed ons vervreem soms eerder as om te oortuig.
PIET CROUCAMP bekyk die 'life and times' van die politikus Julius Malema, wie se politieke grafskrif al só dikwels deur hom en ander kommentators geskryf is. Hy wonder, weer eens, versigtig: Finis hoc est?
Soos baie ander kommentators blameer PIET CROUCAMP pres. Cyril Ramaphosa vir die onvoldoende vervolgings ná die Zondo-ondersoek na staatskaping en korrupsie. Ramaphosa het volle diskresie gehad oor die implementering van Zondo se aanbevelings. Madlanga se mandaat definieer ‘diskresie’ egter anders.
Dit pla PIET CROUCAMP dat politieke partye wat 'n wrewel het teen Suid-Afrika se liberaal-demokratiese Grondwet – die EFF, MKP en die VF+ – saam meer steun onder gewone Suid-Afrikaners geniet as die grootste liberale politieke party, die DA.
PIET CROUCAMP skryf Benjamin Netanyahu het Israel se grootste bate, die empatie van die grootste deel van die mensdom, vernietig en dat niks behalwe dalk iets so vernietigends soos 'n tweede volksmoord op die Jode dié vertrouensbreuk ooit weer kan herstel nie.