ANNELIESE BURGESS ontleed die skokkende aanloop tot die huidige bek-en-klouseer-krisis, en deel die insigte van Suid-Afrika se voorste kenner, dr. Gideon Brückner. In 2000 was sy in die loopgrawe van Camperdown saam met Brückner toe hy die land se grootste biosekuriteitsbreuk help stuit het.
ANNELIESE BURGESS is gepla met moordwinde, diep skinderstories oor prinses Margaret se hedonistiese lewe en krap ook rond in wat Gabor Maté sê oor emosionele bloudrukke en hoekom ons aangetrokke voel tot sommige mense en ander nie.
Boekefees, pandoekas en bobbejaantoontjies, die briljante Saul Bellow wat deur sy briewe leef en 'n besonderse vaarwel aan Breyten op die verhoog. Geniet alles in LAUREEN ROSSOUW se Saterdagbrief.
Trump het vir Bruce Springsteen liederlik onderskat, reken ALI VAN WYK. Hy bespreek ook 'n onortodokse pianis en mens, Friedrich Gulda, en mymer oor vleisrolle en boontjiepasta.
DIEPTESTUK | Sy naam is George Thomas. Maar op die Kaapse Vlakte ken hulle hom as Geweld – 'n bynaam ingenaald op sy nek, en met bloed verdien. Dit is sy verhaal. En ons s'n, skryf JACQUES PAUW.
PIET CROUCAMP skryf oor die president van Suid-Afrika se netto waarde van ongeveer R6 miljard tot R7 miljard. Hy kom tot die slotsom dat indien bemagtiging enige individu op hierdie wyse verryk, dit eerder diefstal is. Moreel geregverdigde wetgewing kan dus inkriminerende gevolge hê.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die besonderse genade en medemenslikheid van Suid-Afrikaners, sê fyngevoeligheid is nie gebrek nie en deel oudioboeke vir wanneer jy stap, in die bad lê of langpad ry. Plus klomp los goeters, soos altyd op 'n Sondag.