’n Eienaardige verhouding tussen Maga-vroue en kosmetiese chirurgie is aan die ontwikkel. ALI VAN WYK bekyk dié verskynsel van naderby. Ons luister ook na een van Franz Schubert se mooiste kamermusiekwerke.
Oorweldig TV-stroomdienste se enorme aanbod jou? ALI VAN WYK help kies. Hy skryf ook oor die hartverskeurende laaste jare van die vermaarde Hongaarse komponis Béla Bartók.
Te midde van 'n politieke, ekonomiese en maatskaplike chaos en ellende is dit mense soos die hoenderfabriek-bestuurder Lizzy Makichini wat vir ALI VAN WYK moed gee. Hy bekyk ook W.A. Mozart se verknogtheid aan die klarinet.
ALI VAN WYK vertel hoe goeie dirigente ’n klomp beterweterige musikante kan laat saamwerk. Hy deel ook skakels na Midde-Oosterse ontleders en ’n paar plesierige grappies.
Hoekom het die een of ander javel besluit dat rugbytoeskouers 'n aanslag op hulle oordromme nodig het? Dis wat ALI VAN WYK wonder. Hy luister ook na Schubert se groot Simfonie in C majeur en deel 'n paar ligsinnige skakels.
Nuutskeppinge is een van ALI VAN WYK se geheime belangstellings. Hy raak skoon emosioneel oor nuwe woorde, en dis nie altyd mooi nie. Hy skryf ook oor die onderskatte Franse komponis Gabriel Fauré se wonderlike Eerste Klavierkwartet.
Party kenners sê Turkye kan in die toekoms 'n groter probleem vir Israel as Iran word. ALI VAN WYK kom agter die kap van die byl. Hy skryf ook oor Maurice Ravel se wonderlike klavierkonsert in G majeur en deel van sy internet-ervarings.
ALI VAN WYK gesels oor die beste werk van die grootste komponis van die 20ste eeu, en ook oor die slag toe hy in Suid-Afrika uitgeval het! Daar is ook vyf lekker televisie-dinge om te geniet.
Dit is 30 jaar sedert die All Blacks laas op 'n regte maandelange toer in Suid-Afrika was. ALI VAN WYK vier die geleentheid! Hy bekyk ook 'n werklik onderduimse komponis uit die 17de eeu.
Het jy al gehoor van 'n hidrouliese pruik of die inplanting van 'n ampule vol diamante onder die vel? Droom jy van wildeperde in die Mojave-woestyn? TOM DREYER loop 'n paar eienaardige draaie met jou gedagtes.
As geweld so 'n slegte ding is, hoekom het ons as kinders dan so baie daaroor gelag? ALI VAN WYK wonder of mense inherent gewelddadig is. Hy bespreek ook 'n paar vrolike hoogtepunte van die Sokkerwêreldbeker en luister na Edvard Grieg se beroemde Klavierkonsert in A mineur.
Baie word gepraat oor Trump en die Irannese, maar niks word gesê oor die lot van die klein Golf-dinastieë soos Katar, Bahrein en Dubai nie. Hierdie lande is in 'n netelige posisie. ALI VAN WYK bekyk hul situasie, en gesels ook oor 'n monumentale kamerwerk deur W.A. Mozart.