NICOLE STRAUSS bespreek 'n boek oor die geskiedenis van 'n uitsonderlike Amerikaanse stad, en GERRIT OLIVIER vertel hy hou van katte wat hulle plek in die wêreld onbeskroomd opeis.
GERRIT OLIVIER en 'n vriend het gewonder watter uitrusting vir 'n Gay Pride Parade in Johannesburg die meeste aanstoot sou gee en gou die antwoord gekry: 'n trourok. En KERNEELS BREYTENBACH vertel die unieke verhaal van Die Ruimte-teater in Kaapstad.
JOHAN NEL deel sy gunsteling-kerrieresepte; hy vertel van die kerriediaspora en waar om die beste speserye in die hande te kry. Dan gee hy ook weer 'n paar belangrike gesondheidswenke.
GERRIT OLIVIER skryf oor gedigte en digters wat reëlreg bots met die amptelike opvattings van die godsdiens, en JOAN HAMBIDGE oor The master of suspense: Alfred Hitchcock. In die laaste aflewering oor die Italiaanse film-ikoon Pier Paolo Pasolini kyk sy na sy obsessie met klassieke tekste.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER skryf oor die unieke rol wat die natuur nog altyd in skryfwerk gespeel het. En NICOLE STRAUSS kyk na die 18de roman en literêre riller van een van Brittanje se gewildste en beste skrywers.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: Jazz en films. KERNEELS BREYTENBACH bekyk die kwinte van Sonny Rollins en Miles Davis, die twee jazzgreats. En JOAN HAMBIDGE gesels verder oor haar passie vir twee Italiaanse meesterfilmmakers en hul werk.
Min dinge voed die siel soos om 'n gietysterpot vol cassoulet tydsaam op 'n koue dag te kook. JOHAN NEL vertel jou alles wat jy van hierdie eeue-oue Franse dis wil weet, en meer.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: Die fotograaf OBIE OBERHOLZER vang die verskynsel van skommelskuim tydens Nature’s Valley se onlangse verspoelings vas. En JOAN HAMBIDGE deel met ons 'n blik op haar versameling van meer as 600 films.
Vandag in LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER skryf oor die uitdagings vir die digter om politieke kommentaar in 'n vers te lewer wat sy plek in die geskiedenis sal behou. En NICOLE STRAUSS bespreek twee uiteenlopende boeke van skrywers wat haar fassineer.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: Dié week dans ons op Avbob se voorstoep. RENÉE CONRADIE bring die lewe van die ikoniese Mimi Coertse in herinnering; JOAN HAMBIDGE vereer haar in 'n gedig. En die selferkende nuuskierige agie KERNEELS BREYTENBACH bedink 'n plan om sy eie begrafnis by te woon.
Dankie aan GERRIT OLIVIER wat verduidelik hoe poësie woorde in 'n nuwe verband plaas, en aan JOAN HAMBIDGE vir die laaste aflewering in haar insiggewende reeks oor die skrywer Saul Bellow.