NICOLE STRAUSS bespreek 'n boek wat meesleurende kommentaar op die mensdom se honger na grond en mag lewer. En JOAN HAMBIDGE kyk na die werk van nog 'n legendariese filmmaker: Stanley Kubrick.
WILLEM PRETORIUS bring hulde aan Johann Symington. bekende predikant en skrywer, wat vandeesweek in die ouderdom van 78 oorlede is. En MELVYN MINNAAR vertel die verhaal van die Bayeux-tapyt se terugreis na Brittanje, én van ons plaaslike (langer!) Keiskamma-weergawe.
GERRIT OLIVIER skryf dis waarskynlik aan sy oupa Piet Lloyd te danke dat die Noordoos-Kaap vandag nog soos sy land van herkoms voel. En NICOLE STRAUSS reis saam met die skrywer Caroline Eden deur 'n besonderse kookboek, op roetes terug na ander tye, lewens en plekke.
NICOLE STRAUSS bespreek 'n boek oor die geskiedenis van 'n uitsonderlike Amerikaanse stad, en GERRIT OLIVIER vertel hy hou van katte wat hulle plek in die wêreld onbeskroomd opeis.
GERRIT OLIVIER en 'n vriend het gewonder watter uitrusting vir 'n Gay Pride Parade in Johannesburg die meeste aanstoot sou gee en gou die antwoord gekry: 'n trourok. En KERNEELS BREYTENBACH vertel die unieke verhaal van Die Ruimte-teater in Kaapstad.
JOHAN NEL deel sy gunsteling-kerrieresepte; hy vertel van die kerriediaspora en waar om die beste speserye in die hande te kry. Dan gee hy ook weer 'n paar belangrike gesondheidswenke.
GERRIT OLIVIER skryf oor gedigte en digters wat reëlreg bots met die amptelike opvattings van die godsdiens, en JOAN HAMBIDGE oor The master of suspense: Alfred Hitchcock. In die laaste aflewering oor die Italiaanse film-ikoon Pier Paolo Pasolini kyk sy na sy obsessie met klassieke tekste.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER skryf oor die unieke rol wat die natuur nog altyd in skryfwerk gespeel het. En NICOLE STRAUSS kyk na die 18de roman en literêre riller van een van Brittanje se gewildste en beste skrywers.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: Jazz en films. KERNEELS BREYTENBACH bekyk die kwinte van Sonny Rollins en Miles Davis, die twee jazzgreats. En JOAN HAMBIDGE gesels verder oor haar passie vir twee Italiaanse meesterfilmmakers en hul werk.
Min dinge voed die siel soos om 'n gietysterpot vol cassoulet tydsaam op 'n koue dag te kook. JOHAN NEL vertel jou alles wat jy van hierdie eeue-oue Franse dis wil weet, en meer.