ANNELIESE BURGESS sê die vriendskappe wat ons aanknoop in die derde en vierde hoofstukke van ons lewe is inherent anders want die argief van ons lewe is anders. Sy kook herenbone vir middagete, deel twee gedigte en ons luister na Dolly.
Daar is 'n droom. En dit lei tot 'n deur wat sy 28 jaar gelede toegemessel het. Sy praat nie oor die Waarheidskommissie nie, want dan moet sy daaroor dink. Maar toe kom klop die elektrisiën dié week aan haar deur.
Aan die einde van hierdie maand verlaat Karoline Leavitt die Withuis, maar die refrein dat Trump se administrasie die deursigtigste ooit is, sal voortleef, skryf GERRIT OLIVIER.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die tydlose aanloklikheid van berge. En sy krap ook rond in 'n Joan Didion-essay oor die verskil tussen notaboeke en dagboeke, maar hoe ons in albei boodskappe aan vorige weergawes van onsself laat.
ANNELIESE BURGESS skryf oor watersommeliers en die dood van rooiwyn, doen introspeksie oor die verskil tussen hoe mans en vroue met emosie omgaan, maak karamelblomkool, rasper gevriesde gemmer en gee 'n hoop boeke weg.
DARYL SWANEPOEL lewer repliek op 'n onlangse skrywe van Piet Croucamp oor die vraag of Suid-Afrikaners vandag “beter daaraan toe” is as in 1994. Ruda Landman sit ook haar gesprekke teen gatvolheid voort met 'n nuwe aflewering van AvSA se pondsendingreeks.
'n Herinnering aan haar broer wat elke oggend in die klas pak gekry het oor hy sy tafelsomme verkeerd gekry het, neem ANNELIESE BURGESS op die spoor van familie-argitekture en 'n ou wrok wat soos 'n slang in 'n gleuf lê en wag.
Van bokse vol drome en mallerige tantes tot eksotiese kannas en Suid-Afrika se padtaal – ANNELIESE BURGESS deel sommer 'n klomp kantaantekeninge van haar week.
ANNELIESE BURGESS maak 'n lys van aanwysers vir 'n betekenisvolle lewe en probeer verstaan hoe 'n 19de-eeuse Duitse filosoof die vaandeldraer van die nuwe "manosfeer" geword het.
ANNELIESE BURGESS kyk na die maan wat deur agt ruite val, gesels met die hoof van Suid-Afrika se Grensbestuursowerheid en wonder hoekom sy nie meer die televisie aanskakel vir nuus nie.
ANNELIESE BURGESS vertel van die voëls wat in haar kop kom nesmaak het in die tyd van Groot Moeilikheid. Sy is ook gewalg deur blouligbrigades, word getref deur die medeliewendheid van 'n gewone Suid-Afrikaner en deel foto's van 'n skuur vol stories.