Op LAUREEN ROSSOUW se radar: Art Fair, 'The Firebird' en wat jy in plaas van sout as geurmiddels in jou geregte kan gebruik. Dan deel JOHAN NEL 'n paar gedagtes oor Valentynskos.
Uit LAUREEN ROSSOUW se inboks: Die WAT vier vanjaar sy eeufees en JANA LUTHER deel ’n paar juwele uit dié skatkiswoordeboek; GERRIT OLIVIER praat oor die Oostenrykse skrywer en buitestander Bernhard Thomas, en Kiran Desai skryf weer ná 20 jaar: NICOLE STRAUSS vertel.
Op LAUREEN ROSSOUW se radar: die Stilbaai-boekefees, Hemelhuijs-kookboek en Li Edelkoort se trendseminaar op Babylonstoren; JOHAN NEL, pas terug uit Parys, vol stories en nuwe kos-idees.
Die een oom is vet, die ander een is maer; saam skryf hulle oor misverstande en juiste taalgebruik. GERRIT OLIVIER en KERNEELS BREYTENBACH se vriendskap strek oor meer as 50 jaar, en hulle deel selfs 'n verjaardag. Maar vandag deel hulle meer: Hulle kyk met 'n skerpe blik na digkuns en verdigting.
Pajamas as dagklere, fraiings, KI-kuns, boublokkies vir kinders en perfekte chillisous ... dit alles en nog meer is op LAUREEN ROSSOUW en ANNELIESE BURGESS se radar.