PIET CROUCAMP beweer dat dit wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig word, waarskynlik ou nuus is binne die Johnson-regime en Idac. Intimidasie ontmoedig teëspraak.
PIET CROUCAMP het LitNet en Etienne van Heerden se Veldsoirée in Nxuba (Cradock) bygewoon. Hy wou nog altyd gaan luister na wat die skrywers alles te sê het. Hier is sy kort introspektiewe (na)betragting, gelewer op die laaste dag van die geleentheid.
PIET CROUCAMP vra: Hoe praat ons met mense wat nié in die AfriSol-dampkring is nie? Hy verwys na 'n onderhoud met Daryl Swanepoel by Netwerk24 en vermoed ons vervreem soms eerder as om te oortuig.
PIET CROUCAMP bekyk die 'life and times' van die politikus Julius Malema, wie se politieke grafskrif al só dikwels deur hom en ander kommentators geskryf is. Hy wonder, weer eens, versigtig: Finis hoc est?
Soos baie ander kommentators blameer PIET CROUCAMP pres. Cyril Ramaphosa vir die onvoldoende vervolgings ná die Zondo-ondersoek na staatskaping en korrupsie. Ramaphosa het volle diskresie gehad oor die implementering van Zondo se aanbevelings. Madlanga se mandaat definieer ‘diskresie’ egter anders.
Dit pla PIET CROUCAMP dat politieke partye wat 'n wrewel het teen Suid-Afrika se liberaal-demokratiese Grondwet – die EFF, MKP en die VF+ – saam meer steun onder gewone Suid-Afrikaners geniet as die grootste liberale politieke party, die DA.
PIET CROUCAMP skryf Benjamin Netanyahu het Israel se grootste bate, die empatie van die grootste deel van die mensdom, vernietig en dat niks behalwe dalk iets so vernietigends soos 'n tweede volksmoord op die Jode dié vertrouensbreuk ooit weer kan herstel nie.
PIET CROUCAMP bepeins en 'voorspel' die uitslag van Cyril Ramaphosa se dringende aansoek by die hooggeregshof vir die tersydestelling van voormalige hoofregter Sandile Ngcobo se Artikel 89-paneelverslag. Hy hoop lesers sal hom vir sy uiteindelike – en waarskynlike – mistastings verantwoordelik hou.
PIET CROUCAMP is op 'n werksreis in Namibië en wissel sy tyd af tussen skryf, lees en vreet. Hy ry met 'n vriend se Defender Tdi, mis sy eie Td5 en vertroetel sy TDS.
PIET CROUCAMP wonder wat die sin is in Pieter Mulder se worsteling met Suid-Afrika se ‘beste grondwet in die wêreld’. Hy vra of daar nie denkfoute in die ou strydros van konserwatiewe politiek se gedagtegang is nie.
Helen Zille is die vaardige swart swaan wat op 4 November 2026 in Johannesburg te water gelaat moet word, want dis al wat dié stad kan red, reken PIET CROUCAMP.