ANNELIESE BURGESS kuier op die plaas en kook eenvoudige trooskos met die platteland se eenvoudige bestanddele. En JOHAN NEL laat waai met sy voorstelle vir 'n Kersete, tafelreëls, maklike disse en vonkelwyn!
ALI VAN WYK kies vir jou 13 televisie-reekse, flieks en dokumentêre wat jy in die vakansie kan kyk, en hy vertel die storie agter die storie van Mozart se Die Towerfluit.
Met 'n bietjie verbeelding, 'n goeie skoot wensdenkery en heelwat hulp van die dinkbotte waag WILLEM KEMPEN 'n paar voorspellings oor die jaar wat voorlê.