WILLEM KEMPEN wonder oor 'n tyd toe 'n onderwyser 'n troetelnaam vir sy rottang gehad het, en hoe skole in 'n land met 'n onderwys- én werkloosheidskrisis anders kan begin dink. Daar is ook 'n Dilemma spesiaal vir pliggies.
Omdat WILLEM KEMPEN gewoonlik so sukkel om vir homself te dink, het hy sy blikbrein gevra hoe om die debat te verstaan oor waarheen kunsmatige intelligensie dalk op pad is. (En ontspan, daar is soos gewoonlik ook 'n Dilemma om op te los.)
Kan ons kalmer en rustiger bly totdat ons agterkom wat ons dalk nog nie verstaan nie? vra WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma is redeloos dog eg Afrikaans.
Dit kan 'n epiese ervaring wees om uit Potchefstroom na Johannesburg te reis om The Odyssey in 'n Imax-teater te gaan sien, skryf WILLEM KEMPEN (met sy Homeros-skoene aan). Vandag se Dilemma is ook nogal 'n droewige storie.
Die masjiene weet net van beter as jy die regte vrae op die regte manier vra, meen WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma was eens 'n vloekwoord, maar nou nie meer regtig nie.