Alles dui daarop dat Jeffrey Epstein deurmekaar moes gewees het met intelligensie-agentskappe en ALI VAN WYK bekyk fassinerende onthullings hieroor. Hy gesels ook oor ses wonderlike klassieke werke wat in advertensies en rolprente gebruik is.
Trump het vir Bruce Springsteen liederlik onderskat, reken ALI VAN WYK. Hy bespreek ook 'n onortodokse pianis en mens, Friedrich Gulda, en mymer oor vleisrolle en boontjiepasta.
Die spanning loop hoog in die Persiese Golf, waar 'n Amerikaanse oorlogsvloot saamtrek terwyl Iran naarstiglik nuwe missiele bymekaarmaak. Wat gaan hier gebeur? ALI VAN WYK probeer dit uitpluis. Hy luister ook na Joseph Haydn se slim en vernuwende Afskeidsimfonie.
ALI VAN WYK skryf oor wat 'n mens verloor wanneer jou naastes doodgaan. Hy kyk ook na twee puik dokumentêre flieks, twee reekse en 'n heerlike klein fliek op die stroomdienste. Laastens vertel hy van 'n legendariese 1955-opname van 'n Tchaikovsky-werk deur 'n Rus in Chicago.
ALI VAN WYK besin oor keerpunte: oomblikke wanneer politieke leiers se mag en hubris begin kraak, maar die einde van hul verwoestende pad nog nie in sig is nie. Hy stel ons ook voor aan die geniale Prokofiev, self die slagoffer van so 'n leier.
ALI VAN WYK vertel 'n storie wat nie oor Donald Trump gaan nie, hy praat 'n bietjie nonsens met die diere oor motorname, en hy stel vier wonderlike opnames van Beethoven se Simfonie No. 5 bekend.
ALI VAN WYK probeer sin maak van die daaglikse vlae Trump-inligting wat op ons neerstort. Hy het ook sy kop om die situasie in Iran probeer kry en deel sy gedagtes. En 'n paar honderd jaar gelede het 'n knaap 'n stuk musiek by die Vatikaan gesteel – met sy ore.
ALI VAN WYK vertel van 'n staatskool wie se haarreëls vir seuns dieselfde is as vir meisies, terwyl 'n ander een nie so gaaf is nie. Hy gesels ook oor Hector Berlioz, die enigmatiese Franse Romantiese komponis.
ALI VAN WYK maak 'n vinnige gevolgtrekking in 'n kort stukkie oor Donald Trump en beweeg dan na die veel belangriker onderwerp van hadedas. Ja, die voël. In sy musiekrubriek stel hy die eiesoortige en opwindende Italiaanse Barokkomponis Domenico Scarlatti voor.
ALI VAN WYK sê koebaai vir ’n jaar wat behoorlik op sy rug lê. Hy mymer hardop oor politiek, rugby en werk, skryf met oorgawe oor Suid-Afrikaanse landskappe en eindig met ’n handvol heeltemal onbelangrike maar uiters noodsaaklike vrae.
ALI VAN WYK wonder hoekom ons nie almal die heeltyd wildsvleis eet nie. Hy plaas 'n skakel na 'n vermaaklike maar ook sensitiewe video oor seks en gestremde jong mense. En hy stap deur die museum saam met Mussorgsky se 'Prente by 'n uitstalling'. Revolusionêr!
ALI VAN WYK kies vir jou 13 televisie-reekse, flieks en dokumentêre wat jy in die vakansie kan kyk, en hy vertel die storie agter die storie van Mozart se Die Towerfluit.