PIET CROUCAMP vertel 'n Ierse storie oor duur stemmasjiene wat klink of dit in Suid-Afrika uitgedink is. En volg dit op met 'n selfs beter plaaslike storie. Sy gevolgtrekking: Ons en die Iere het beslis iets met mekaar gemeen.
Wie dra die kroon en wie gaan dit dra wanneer die koning nie meer met ons is nie? vra PIET CROUCAMP. Die verbale en openbare aanvalle op die Ramaphosa-administrasie kan maklik as gesonde kritiek gesien word, maar wie onder ons sou so naïef wees om enigiets vanuit die ANC as gesond te beskou?
PIET CROUCAMP beweer die pad na vrede in Oekraïne loop deur 'n onbetroubare Donald Trump se niksvermoedende ego. Volodymyr Zelensky en die leiers van die Europese Unie het geleer in hierdie moderne tye is gatkruip 'n beter strategie as 'n geldige argument.
Kritici en politieke partye herinner Gayton McKenzie graag aan sy misdaadgeskiedenis as 'n gewapende rower, maar hy het 'n selfs meer interessante verlede as dit, skryf PIET CROUCAMP.
Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, het die afgelope twee jaar 'n aggressiewe, dalk selfs onafhanklike stem vanuit die presidensie geword. PIET CROUCAMP wonder wat sy toekomstige ambisies is.
Paul Mashatile van die Alex-mafia staan nou met die teenwoordigheid van 'n meesterpatronaat aan die stuur van 'n volledig gekorrumpeerde bevrydingsparty, en vir alle praktiese doeleindes het hy reeds Suid-Afrika se presidentskap oorgeneem, skryf PIET CROUCAMP.
PIET CROUCAMP is nie oortuig daarvan dat daar vervolgings gaan wees na afloop van die ondersoek na die inligting wat Nhlanhla Mkhwanazi bekend gemaak het nie. Maar ons kan beslis 'n openbare drama in drie bedrywe oor die komende jaar of meer te wagte wees.
PIET CROUCAMP probeer onderskei tussen Suid-Afrika se ministers, gangsters en sluipmoordenaars, en dis nie maklik nie. Hierdie week moet jy vasbyt, dis 'n lang nuusbrief, want die bloedspoor van die verhaal het nie kortpaaie nie.
As die RNE 'n teken van wedersydse gesprek en 'n wisselwerking van idees was, kon ons gesels het, maar dit is nie, om dieselfde redes as wat die nasionale dialoog waarskynlik nie gaan wees nie, skryf PIET CROUCAMP.
Hy het Trump derangement syndrome, sê PIET CROUCAMP, en hy meen 'almal anders behoort dit ook te hê, maar hulle het nie'. Wanneer jy voel jy het geen ander keuse as om 'n idioot te wees nie, double down, wees dit met persoonlike oortuiging.