Veertig welmenende Afrikaanssprekendes het openbare protes teen die misbruik van Afrikanerskap deur die Trump-administrasie aangeteken. PIET CROUCAMP vertel meer van die griefskrif wat 'n beroering veroorsaak het.
Diplomatieke bande met Israel het in die huidige tydsgewrig strategies geen sin nie, skryf PIET CROUCAMP. Die volledige verontmensliking van die tweejaar-oorlog in Gaza moet nog verreken word.
Moet ons vir Donald Trump die krediet gee vir die politieke ooreenkoms wat nou blykbaar 'n vredeskikking tussen Israel en die Palestyne is? PIET CROUCAMP reken die belangrikste tendens in die Midde-Ooste is die opkoms van pragmatiese regimes soos dié van Saoedi-Arabië, Turkye en Egipte.
PIET CROUCAMP reken Suid-Afrika is beter daaraan toe met Julius Malema in die tronk en dat AfriForum se mog-het-troffe-regspan dalk net die EFF-leier met moord laat wegkom het.
Die ANC is 'n oorversadigde kriminele karkas wat 'n kompleksiteit van predatore voed, skryf PIET CROUCAMP. Cyril Ramaphosa se naïewe begrip van ons leefwêreld word in 'n onlangse brief oor korrupsie in SA weerspieël. Weet die president wat die ANC aan hierdie land doen?
PIET CROUCAMP vertel 'n Ierse storie oor duur stemmasjiene wat klink of dit in Suid-Afrika uitgedink is. En volg dit op met 'n selfs beter plaaslike storie. Sy gevolgtrekking: Ons en die Iere het beslis iets met mekaar gemeen.
Wie dra die kroon en wie gaan dit dra wanneer die koning nie meer met ons is nie? vra PIET CROUCAMP. Die verbale en openbare aanvalle op die Ramaphosa-administrasie kan maklik as gesonde kritiek gesien word, maar wie onder ons sou so naïef wees om enigiets vanuit die ANC as gesond te beskou?
PIET CROUCAMP beweer die pad na vrede in Oekraïne loop deur 'n onbetroubare Donald Trump se niksvermoedende ego. Volodymyr Zelensky en die leiers van die Europese Unie het geleer in hierdie moderne tye is gatkruip 'n beter strategie as 'n geldige argument.
Kritici en politieke partye herinner Gayton McKenzie graag aan sy misdaadgeskiedenis as 'n gewapende rower, maar hy het 'n selfs meer interessante verlede as dit, skryf PIET CROUCAMP.