Ons plaas vandag eerstens 'n aangrypende essay wat GERRIT OLIVIER oor die herfs as digterlike tema geskryf het. Die tweede teks is sy treffende resensie van 'n Antjie Krog-digbundel wat in 1981 bekend gestel is.
Trump se minagting, onrealistiese eise en dreigemente van die Amerikaanse ambassadeur: is daar enige uitweg uit die dooiepunt tussen SA en die VSA? Die politieke ontleder JP LANDMAN skets drie scenario's – van verdere verswakking tot 'n moontlike joker in die pak: kritieke minerale.
Wanneer 'n Springbok oor die doellyn druk, vra niemand of hy swart, wit, bruin of Indiër is nie, skryf RODNEY XOLILE NOMBEKANA. Plus: RUDA LANDMAN gesels met JP Landman oor Afrikaners se rol in die land, munisipale geldsake en koalisies.
ELRENA VAN DER SPUY vertel van ontmoetings en interaksies tydens wandelinge langs die Eersterivier, van droef tot weird tot vroegoggend-jollifikasie. En ANNELIESE BURGESS deel 'n paar los goeters.
NICOLE STRAUSS bespreek 'n boek wat meesleurende kommentaar op die mensdom se honger na grond en mag lewer. En JOAN HAMBIDGE kyk na die werk van nog 'n legendariese filmmaker: Stanley Kubrick.
Die DA roem graag op sy reputasie vir goeie regering en aanspreeklikheid, maar in die Suid-Kaap wys ’n reeks gebeure hoe groot die gaping tussen beginsel en praktyk kan word, skryf IKE BOSS.
WILLEM PRETORIUS bring hulde aan Johann Symington. bekende predikant en skrywer, wat vandeesweek in die ouderdom van 78 oorlede is. En MELVYN MINNAAR vertel die verhaal van die Bayeux-tapyt se terugreis na Brittanje, én van ons plaaslike (langer!) Keiskamma-weergawe.
Pessimisme identifiseer werklike probleme, sê ADI ENTHOVEN, maar lei ook tot fatalisme en passiwiteit. Sy alternatief is Adrian Gore se gedissiplineerde optimisme: wakker vir wat verkeerd is, tog doelbewus aandagtig vir wat werk.
GERRIT OLIVIER dink terug aan ’n Kaapse vakansie in sy kindertyd – iets wat hy meen vir sy pa 'n donker nag van die siel was waarvan hy nooit herstel het nie.
Chris Marnewick, 'n ervare Suid-Afrikaanse advokaat en skrywer wat onder andere 'n handleiding vir Suid-Afrikaanse advokate geskryf het, het nou 'n boek op die rakke oor die Oscar Pistorius-hofsaak. Sy ontleding daag die gevestigde weergawe van die saak uit.
Ons is almal 'prisoners of life'. Dít is die boodskap van Short Cuts, werk van 'n bekroonde filmmaker, Robert Altman. JOAN HAMBIDGE het weer dié uitsonderlike film gekyk.