36 Plasings

Gasposte

Anneliese Burgess

Oor verslonste taal + die sluimerende onrus van Sonja Verbeek

Dit lyk soms of Afrikaans meer ontrafel as ontwikkel, want mense praat die taal deesdae lui en ongedissiplineerd, skryf GERRIT OLIVIER. En JOAN HAMBIDGE deel dwalende gedagtes van Sonja Verbeek, kultuurmens, reisiger en troebadoerin van die liefde.
Lees meer →
Gasposte Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach | Hoekom lees ons boeke?

Ons lees boeke, want die alternatief is dom, afgestompte stilte, reken KERNEELS BREYTENBACH. Hy deel 'n paar notas uit die leeskomplot. Dan kan jy ook lees oor die vreugde van voëls, en hoe die natuur kan troos.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Gerrit Olivier | Panyaza Lesufi en Jozi se politiek van skaamte (+ 'n Dilemma)

Dit lyk asof Panyaza Lesufi en sy spannetjie hulle ten spyte van jare lange niksdoen tog nog kan skaam, skryf GERRIT OLIVIER. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
Lees meer →
Gasposte Johan Nel

Johan Nel | Los gedagtes ná ’n rowwe week

JOHAN NEL deel 'n klompie gedagtes oor kosplesiere, dinge waarna hy uitsien, skougehaltewyn en hoe om mistroostigheid te verdryf. Hy bring ook hulde aan 'n goeie vriend, die legendariese Jan Boland Coetzee wat verlede week oorlede is.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Johan Retief | Krishna, Romulus, Boeddha en Jesus (+ 'n Dilemma van 'n ander aard)

In die lig van soortgelyke verhale kan 'n mens tot die slotsom kom dat die Jesus-verhaal nie oorspronklik en uniek was nie, skryf JOHAN RETIEF. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
Lees meer →
Gasposte Anneliese Burgess

Laureen oor dekor en ontwerp + Kerneels se braaibroodjie-geheim

LAUREEN ROSSOUW vertel van die magnetiese oomblik wat sy in 2005 by die Stockholm-biblioteek in Swede beleef het. En op eie bodem sê KERNEELS BREYTENBACH wat braaibroodjies betref, lê die bewys in die proe.
Lees meer →
Gasposte Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach | Babita Deokaran en die vrot siel van SA + Dilemma #34

KERNEELS BREYTENBACH sê Jeff Wicks se The Shadow State is die belangrikste Suid-Afrikaanse publikasie sedert Jacques Pauw se The President’s Keepers (2017) en Our Poisoned Land (2022).
Lees meer →
Gasposte Johan Nel

Johan Nel | Ode aan die ansjovis: 'n kospos met kinkels

Sommige mense is neusoptrekkerig oor ansjovis, maar as jy nog nie agtergekom het 'n enkele vissie of twee kan 'n klomp nuwe geure met ongelooflike diepte ontlok nie, het jy nog nie eintlik geleef nie, skryf JOHAN NEL.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Dis skandalig dat dié SA koerante nie gesê het wie vir Israel-reis betaal + Dilemma #29

Dit was nie bloot 'n 'fout' dat die Sunday Times en The Citizen versuim het om te noem dat die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) vroeër vanjaar betaal het vir hul verslaggewers om na Israel te reis nie, skryf JOHAN RETIEF in hierdie meningsartikel. Vandag se Dilemma is onderaan.
Lees meer →
Gasposte Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach | Van iewers tussen die Karpatiese gebergtes + Yorkshire: 2 boeke

KERNEELS BREYTENBACH, Binne+Land se hoogleraar van lekkerkry en selferkende ‘baldadige boekwurm’, deel twee boeke wat jy nou wíl lees. Plus Dilemma #28.
Lees meer →
Anneliese Burgess

JP Landman | SA se informele sektor: tel ons reg? + vandag se Dilemma

Baie mense dink die informele sektor word nie behoorlik in SA se ekonomiese syfers verreken nie, maar dis nie eenvoudige somme om te maak nie. JP LANDMAN kyk hoe mense soos straatverkopers en sjebiens se inkomste wel vasgevang word, en vra vir bykomende maniere van meting.
Lees meer →
Gasposte Anneliese Burgess

Die sorry Wilgenhof-sage gee die gees (miskien) + vandag se Dilemma

ANNELIESE BURGESS vertel meer oor Binne+Land se nuwe losstaande Gasposte, en DAN BADENHORST gee sy mening oor die heropening van Wilgenhof-manskoshuis in Stellenbosch as 'n "herverbeelde spasie". Vandag se Dilemma laat die biesies bewe.
Lees meer →
Bladsy 3 van 3