Julius Malema is tegelyk produk én parodie van Suid-Afrika ná apartheid, skryf KERNEELS BREYTENBACH. Hy deel insig van die ondersoekende joernaliste Micah Reddy en Pauli van Wyk, wat in hulle nuwe boek wys hoe volkome Malema die sisteem besit wat hy voorgee om te verag.
Dis 'n wêreld vol wors daarbuite, skryf JOHAN NEL. Van ons regte, egte boerewors tot die Franse se lieflike weergawes met vark-afval en die Italianers se salsicce. Kosheiligheid oral! En JOAN HAMBIDGE sit die meesleurende verhaal van die bekroonde digteres Sonja Verbeek voort.
Dit lyk soms of Afrikaans meer ontrafel as ontwikkel, want mense praat die taal deesdae lui en ongedissiplineerd, skryf GERRIT OLIVIER. En JOAN HAMBIDGE deel dwalende gedagtes van Sonja Verbeek, kultuurmens, reisiger en troebadoerin van die liefde.
Ons lees boeke, want die alternatief is dom, afgestompte stilte, reken KERNEELS BREYTENBACH. Hy deel 'n paar notas uit die leeskomplot. Dan kan jy ook lees oor die vreugde van voëls, en hoe die natuur kan troos.
Dit lyk asof Panyaza Lesufi en sy spannetjie hulle ten spyte van jare lange niksdoen tog nog kan skaam, skryf GERRIT OLIVIER. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
JOHAN NEL deel 'n klompie gedagtes oor kosplesiere, dinge waarna hy uitsien, skougehaltewyn en hoe om mistroostigheid te verdryf. Hy bring ook hulde aan 'n goeie vriend, die legendariese Jan Boland Coetzee wat verlede week oorlede is.
In die lig van soortgelyke verhale kan 'n mens tot die slotsom kom dat die Jesus-verhaal nie oorspronklik en uniek was nie, skryf JOHAN RETIEF. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
LAUREEN ROSSOUW vertel van die magnetiese oomblik wat sy in 2005 by die Stockholm-biblioteek in Swede beleef het. En op eie bodem sê KERNEELS BREYTENBACH wat braaibroodjies betref, lê die bewys in die proe.
KERNEELS BREYTENBACH sê Jeff Wicks se The Shadow State is die belangrikste Suid-Afrikaanse publikasie sedert Jacques Pauw se The President’s Keepers (2017) en Our Poisoned Land (2022).
Sommige mense is neusoptrekkerig oor ansjovis, maar as jy nog nie agtergekom het 'n enkele vissie of twee kan 'n klomp nuwe geure met ongelooflike diepte ontlok nie, het jy nog nie eintlik geleef nie, skryf JOHAN NEL.
Dit was nie bloot 'n 'fout' dat die Sunday Times en The Citizen versuim het om te noem dat die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) vroeër vanjaar betaal het vir hul verslaggewers om na Israel te reis nie, skryf JOHAN RETIEF in hierdie meningsartikel. Vandag se Dilemma is onderaan.
KERNEELS BREYTENBACH, Binne+Land se hoogleraar van lekkerkry en selferkende ‘baldadige boekwurm’, deel twee boeke wat jy nou wíl lees. Plus Dilemma #28.