Na aanleiding van 'n WhatsApp-gesprek binne 'n Dopper-gemeente in Johannesburg wonder PIET CROUCAMP of dit wys sal wees om dié kerk hof toe te neem vir wat ongetwyfeld diskriminasie teen vroue is.
PIET CROUCAMP beweer mededingende ekonomiese en tegnologiese akteurs ondermyn reeds geruime tyd die 'rules-based international order'. En Trump is nié die vader van transaksionalisme nie, hy is die resultaat daarvan.
PIET CROUCAMP reken Marco Rubio is nie bloot 'n uitvoerende amptenaar nie, maar 'n draer van 'n baie spesifieke historiese geheue wat manifesteer in die regverdigings vir regime-verandering in die land van sy vaders.
PIET CROUCAMP probeer Donald Trump se politieke instinkte ontsyfer en vra vrae oor die wetlikheid van die onlangse gebeure in Caracas. Sy gevolgtrekking is dat Trump dalk verkeerd is, maar nie noodwendig onwettig optree nie.
PIET CROUCAMP breek 'n lansie vir Donald Trump. Hy reken die Amerikaanse president ervaar dalk sy besluite as vrye keuses, maar sy brein bereken noodwendige reaksies volgens algoritmiese reëls en eksterne stimuli. Dis 'n illusie dat hy sy besluite vrylik neem.
PIET CROUCAMP se bullshit-antennas het 'n intuïtiewe rooi lig oor die argument dat die ANC danksy die swart middelklas tot stand gekom het. Hy ontleed data oor uitsprake dat die ANC steun van hierdie middelklas verloor het.
PIET CROUCAMP skryf oor hoe Ramaphosa en Mbalula die ANC probeer oortuig dat diegene wat die verkeerde jokkies op brandsiek perde is, nou voorberei moet word om in aanstaande jaar se plaaslikeregering-July te hardloop.
PIET CROUCAMP praat met 'n student. Hy beweer daar was goeie redes vir Xi Jinping se afwesigheid by die G20-beraad, en dit het niks met die Trump-boikot te doen gehad nie. Hy vermoed die Chinese leier kon nie bekostig om Asië in die hande van Japan se nuwe regse eerste minister te los nie.
‘As julle wil hê ek moet bedank, sal ek dit nóú doen,’ het Cyril Ramaphosa by die ANC se pas afgelope NUK-vergadering gesê. Sy troefkaart is meningsopnames wat wys dat die ANC sonder hom in ‘n verknorsing in aanstaande jaar se plaaslike verkiesings kan wees, skryf PIET CROUCAMP.
PIET CROUCAMP peins oor al die skellende stemme op sosiale media en meen Voltaire sou moontlik in dié verband gesê het: ‘Vooroordeel is wat dwase gebruik in plaas van rede.’