ANNELIESE BURGESS vind lesse in die simbiose van ligeen, herontdek 'n aandgebed in die musiek van Vivaldi en sê die 'manlike blik' wat vroue in hulle middeljare onsigbaar maak, is welkom om aan te beweeg. Sy't ander dinge wat sy nou wil doen – soos dom vrae vra wat slim is.
PIET CROUCAMP se bullshit-antennas het 'n intuïtiewe rooi lig oor die argument dat die ANC danksy die swart middelklas tot stand gekom het. Hy ontleed data oor uitsprake dat die ANC steun van hierdie middelklas verloor het.