ANNELIESE BURGESS is gepla met moordwinde, diep skinderstories oor prinses Margaret se hedonistiese lewe en krap ook rond in wat Gabor Maté sê oor emosionele bloudrukke en hoekom ons aangetrokke voel tot sommige mense en ander nie.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die besonderse genade en medemenslikheid van Suid-Afrikaners, sê fyngevoeligheid is nie gebrek nie en deel oudioboeke vir wanneer jy stap, in die bad lê of langpad ry. Plus klomp los goeters, soos altyd op 'n Sondag.
ANNELIESE BURGESS sê sy neem 'n blaai uit die boek van Gisèle Pelicot en besluit om haarself toestemming te gee om gelukkig te wees. En daar is ook 'n ander les oor liefde wat dié week soos 'n fluistering in die heelal by haar geland het.
ANNELIESE BURGESS gooi vandag 'n onverwagte Bybelse draai – van gedagtes oor geloofsverwonding en liefde tot mossies in die Anglo-Boereoorlog. En dan, soos altyd, 'n klomp los goeters daarby.
ANNELIESE BURGESS sê 'n voorgevoel van vrees het haar heelweek aan die strot beetgehad. Sy leer van 'dun grense' tussen die bewuste en onderbewuste, en wonder hoekom mense in die wêreld se mees sekulêre land nou weer kerk toe begin gaan.
ANNELIESE BURGESS sê die kriewelrigheid wat ons voel oor Engelse woorde in Afrikaans is 'n soort oorlewingsangs. Sy vertel ook meer van hoogs sensitiewe mense se kenmerke en patats wat klein kremetartbome word.
ANNELIESE BURGESS ontleed die uiters openbare oomblik toe Charlie Kirk se weduwee verklaar dat sy die man vergewe wat haar man vermoor het. Was dit bloot 'n vertoning of 'n uitvloeisel van die komplekse rouproses te midde van geweldige trauma?
PIET CROUCAMP reken Marco Rubio is nie bloot 'n uitvoerende amptenaar nie, maar 'n draer van 'n baie spesifieke historiese geheue wat manifesteer in die regverdigings vir regime-verandering in die land van sy vaders.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n ou plaashuis in die berge waarin sy en familielede dié vakansie gebly het – en van die verhale wat die mure vertel. Oor eenvoud en gestrooptheid, maar ook weerloosheid. Sy deel ook 'n paar interessante feite oor Ernest Hemingway.
Nes 'strong men don’t cry', is die hele konsep van 'n 'midlife crisis' ook 'n cliché én 'n waarheid. ANNELIESE BURGESS meen twee waarhede kan wel langs mekaar staan, en deel 'n lys dinge waarvan sy minder en meer in 2026 wil hê.
ANNELIESE BURGESS vertel van die kreatiewe skatkis wat sy ontdek in die liminale ruimte van half wakker wees. Sy deel ook ‘n dik lys leesaanbevelings én 'n prettige lys 'unfortunate' dinge ...
ANNELIESE BURGESS skryf oor 'n oomblik van onverwagte erkenning: Sy is gelukkiger op 57 as op 37 – op 'n ander manier, natuurlik. Dít en 'n mymering oor 'n man met 'n handsak op sy kop, 'n bysteek van die voorouers en 'n boord vol konfyt.