ALI VAN WYK kyk na die ses groot nuusstories van die week, maak 'n draai by Nampo, kyk na die briljantheid van Beethoven en onthou Voëlvry se Gary Herselman.
ALI VAN WYK se gedagtes loop weer vandag wyd – van Ouvrou Anna-voertuigvering tot lekker kykstof op TV, Rassie se nuwe podsending, die wêreld van Chopin én 'n wonderlike storiekompetisie.
Wat gaan die Kanadese doen as die beer met die seer tand oor die grens strompel? wonder ALI VAN WYK. Hy gee ook 'n lekker lysie TV-programme, blogs en ander vermaaklikhede om jou besig te hou, en beveel 'n wonderlike tjellokonsert aan waarna jy kan luister.
Dobbel is seker die mees verbeeldinglose manier om 'n bietjie pret te hê, reken ALI VAN WYK. Hy gee vyf lekker televisiekyk-opsies vir die vakansiedae, bak 'n Franse appeltert, maar met kwepers, en maak 'n denkbeeldige draai by 'n wonderlike Armeense komponis.
Die tradisie van padkos is min of meer uitgeroei deur kitskosrestaurante. ALI VAN WYK reken ons moet dieper asemhaal, langer stilhou en weer 'n slag langs die pad eet. Hy't ook een en ander te mompel oor televisiereekse, chillisous en Mozart se klavierkonserte.
Paula Cole wou weet waarheen al die cowboys is. ALI VAN WYK wil weet waar ons ghoeroes en godfathers is. Het ons hulle ooit gehad? Dan is daar aanbevelings oor TV-reekse, 'n art deco-drankkabinet en meer oor 'n Russiese komponis se omstrede einde.
ALI VAN WYK sê wat hom van Bernie Sanders tref, is hoe naby sy boodskap aan ene Jesus Christus van Nasaret s'n is. Alhoewel hy nie gelowig is nie, ken hy Christus se boodskap goed. Die essensie is dat jy jou vyande moet liefhê en jou naaste soos jouself. En vergifnis.