Tant Hannie se veldgebede, wat liefhê van ons sê + Groenland

ANNELIESE BURGESS leer iets oor haar ooroumagrootjie wat haar laat dink aan die stil maar betekenisvolle ruimtes tussen generasies.

Tant Hannie se veldgebede, wat liefhê van ons sê + Groenland

Goeiemôre

Dit reën en die vuur brand al van donkeroggend af hier in my kaggel in Pringlebaai. Vandag se brief is weer so 'n paar los drade, wat moontlik nie bymekaar gaan kom nie.

0:00
/0:30

My neef Harold is ons familie-argivaris en die bewaarder van rekords. Hy het hom verdiep in die familiestamboom en stuur elke nou en dan vir my iets wat hy ontdek, soos hierdie drie stukkies inligting oor my ooroumagrootjie Johanna Maria Kruger.

Tant Hannie was 'n belese vrou.
Van haar 15 kinders is agt klein oorlede.
Sy het dikwels in die eensaamheid van die veld gaan bid.

Die stil ruimtes tussen generasies fassineer my nog altyd, en ook wat ek aanvoel as 'n ondergrondse rivier wat daardie ruimtes met mekaar verbind.

Ek sien in my broers hoe sekere gebare en gewoontes van ons grootouers en ouers in ons voortleef – die manier waarop Mike nou die dag met sy loopstok vir my waai toe ek by hom verbyry, is presies my oupa, en sy skewe glimag só my pa dat die herkenning my soos weerlig slaan. Don se hande is 'n replika van my pa s'n. Chris se kop is hoe my pa gedink het.

My broers sê weer ek lyk al hoe meer soos my ma. Mike sê ek loop soos my ma. Ek sien my ma ook in die spieël – nie in my gesig nie, maar in die lyne van my lyf.

Die feit dat ek, soos my ooroumagrootjie, my antwoorde gaan soek in die afsondering van die veld, is vir my ontroerend. Ek wil dit as 'n misterieuse kontinuïteit van 'n gedeelde bloedlyn sien (hoewel ek weet dit is waarskynlik net toeval).

Boonop sal my konsep van gebed hemelsbreed verskil van dié van my diep Calvinistiese ooroumagrootjie wat twee domineeseuns gehad het (en 'n kleinseun wat rektor van die PU vir CHO geword het). Maar ek hou van die gedagte dat ek en hierdie stoere voorsaat 'n geestelike instink deel: om onsself in die stilte van die veld te gaan soek. Nes ek 'n diep geneentheid voel vir die stories oor my hóógs eksentrieke Duitse oumagrootjie wat blykbaar sigare gerook, 'n motor bestuur en 'n klomp lovers sou gehad het.


'n Nimmereindigende patroon

In 'n onderhoud in die tydskrif Life in 1963 vertel die Amerikaanse skrywer James Baldwin (onder die fantastiese opskrif "Doom and glory of knowing who you are") van die les wat hy uit lees geleer het:

"You think your pain and your heartbreak are unprecedented in the history of the world, but then you read. It was Dostoevsky and Dickens who taught me that the things that tormented me most were the very things that connected me with all the people who were alive, or who ever had been alive. Only if we face these open wounds in ourselves can we understand them in other people."

Net voordat Vrye Weekblad sneuwel, sit ek my Sondagbriewe in 'n dokument bymekaar – 'n soort notaboek van die afgelope drie jaar. Dit val my op dat hoewel ek my briewe nog altyd doelbewus persoonlik geskryf het, hulle al hoe meer notas bevat oor ontdekking – lesse oor die lewe wat ek moes leer of wéér moes leer.

Ek dink een van my grootste insigte van die laaste paar jaar is hoe ons elkeen se ervaring van liefde, verlies, vreugde en hartseer 'n fraktale patroon vorm – dat dit vir ons elkeen in die oomblik hoogs individueel, persoonlik en intiem voel, maar uiteindelik 'n kleinskaalse weergawe is van 'n patroon wat in alle menslike ervaring herhaal word; nimmereindigend. Daar lê 'n troos in die universaliteit daarvan, maar ook perspektief.

Ek dink aan tant Hannie. Ek dink aan hoe dit moet wees om 15 keer swanger te wees, lewe aan jou kinders te skenk en dan agt van daardie kinders aan die dood te moet afstaan. Ek sien haar by die grafte van haar kinders, op hulle plaas, Beschuitfontein, naby Venterstad – waar sy bid in die veld. Met die troos in haar geloof dat "verbondskinders" wat jonk sterf direk na die Here gaan. Ek sien hoe sy daar voor die klipkruisies, in haar swart gewaad, met die Here praat. Om te verstaan. Om die pyn in haar hart stil te maak. En ek verstaan dat niks wat ek al in my lewe ervaar het naby kan kom aan die diepte van die pyn om agt kinders te verloor nie.


Wat liefhê van ons sê

Ek moet die Afrikaanse manuskrip van my memoir teen die einde van Junie lewer en ek het baie bewus geword van hoe ons die stories kies wat vir ons van onsself vertel – veral as dit kom by liefde.

In Isabel Allende se boek Portrait in Sepia sê een van die karakters: “Memory is fiction. We select the brightest and the darkest, ignoring what we are ashamed of, and so embroider the broad tapestry of our lives." In The House of Spirits: "You can tell the deepest truths with the lies of fiction."

In die stilte van ons mees intieme gedagtes weef ons verhale waarin ons geneig is om eerder met die held of slagoffer te identifiseer, as met die antagonis, die seermaker, die verraaier, die leuenaar, die gebruiker, die skurk, die manipuleerder, die vark in die verhaal.

Ons vertel hierdie stories met soveel oortuiging dat ons hulle self begin glo. En ons is selektief in wat ons onthou en meesterlik om onsself om die bos te lei. Ons vertel vir onsself dat ons net die beste wou hê vir die ander persoon, terwyl ons eintlik net die beste vir onsself wou hê. Ons sê dat ons eerlik was, terwyl ons belangrike waarhede verswyg of doelbewus gelieg het omdat dit ons gepas het. Ons maak asof ons sterk genoeg was om lief te hê, terwyl ons eintlik te bang was om regtig kwesbaar te wees.

Om te kan aanhou lief wees is uiteindelik vir my die enigste sin in die lewe. Die einste Isabel Allende wat so meesterlik is met herinnering, sê van die liefde:

"Perhaps we are in this world to search for love, find it and lose it, again and again. With each love, we are born anew, and with each love that ends, we collect a new wound. I am covered with proud scars."

Hóé ons liefhet, hóé ons gee en veral hóé ons swaarkry is uiteindelik die wese van wie ons is.

Daarmee groet ek.

Mooi loop

Anneliese

E-pos: hallobinneland@gmail.com
Klik hier vir aanwysings om 'n Binne+Land-web-app op jou foon te skep.
[En, as jy hierdie in jou e-pos lees, en jy wil kommentaar lewer, gaan na onderaan hierdie brief en klik op die klein speech bubble wat sê "Comment".]


LOS GOETERS

Gedig

blessing the boats
(at St. Mary’s)

may the tide
that is entering even now
the lip of our understanding
carry you out
beyond the face of fear
may you kiss
the wind then turn from it
certain that it will
love your back may you
open your eyes to water
water waving forever
and may you in your innocence
sail through this to that

Lucille Clifton (1936–2010)


Resepte op my radar

Crisp Pork Cutlets with Citrus Salsa Verde uit Food52.
Crispy Chicken Thighs with Lemon Vinaigrette uit Food & Wine.
Smashed boerie tacos uit Woolworths TASTE (hierdie is fantasties vinnig!)


Interessantheid

5 new AI tools you’ll actually want to try⚡️
Chat with lifelike AI, clean up audio instantly, and reimagine your career

Hoekom Trump Groenland wil hê

'n Absoluut fassinerende artikel in die Financial Times is "Meet the warriors trying to teach the west how to fight in the Arctic". Dit is agter 'n betaalmuur, maar ek het vir myself 'n abonnement as 'n verjaardaggeskenk gegee. Ek deel dus 'n aanhaling wat Trump se obsessie met Groenland verduidelik:

Tensions in the Arctic are rising, as melting sea ice opens a new maritime passage across the North Pole, triggering a race to access mineral belts exposed by warming oceans. Russia is seeking to exploit the Northern Sea Route – a 5,600 km-long passage connecting the Pacific and Atlantic oceans via the ice-bound seas on Russia’s northern coastline. At the same time, it is jealously guarding the waters around the Kola peninsula, home to its largest naval unit, the Northern Fleet, and, most prized of all, its ballistic missile submarines and nuclear warhead storage facilities. Over the past few years, Moscow has intensively militarised the region, reactivating cold war naval bases along its northern Barents Sea coast (see map, below). It has also reconstituted its Soviet-era Leningrad military district, a force intended to bolster its strength in north-west Russia, near the borders with Finland and Norway. It is not the only great power moving in the region. China has invested heavily in Arctic energy exploration and is building its military capabilities, including through a series of joint exercises with Russia over the past year.


Lees nóg

‘Hollowing out’: New Zealand grapples with an uncertain future as record numbers leave
Surge of departures – mostly fleeing a weak economy – fuels concern over the longer-term impact on the country as some small towns scramble for survival
No, the Right Doesn’t Hate the New Pope. They Hate His Jesus.
The Catholic Church chose Robert Prevost as its new pope in the wake of the recent passing of Pope Francis.
The Key to Tender Meat? Baking Soda
A little goes a long way with especially tough cuts—like this juicy London broil.

Luister

As ek gelukkig wil voel, speel ek hierdie Suzi Quatro-song kliphard in die kar. Dit neem my dadelik terug na 'n dans in die Indwe-skoolsaal, en die hoop dat die houtwerkonderwyser my sou vra om te dans!


Die Einde.🔥 Ek gooi nou nog stompe op die vuur.


Deel hierdie artikel
Die skakel is gekopieer!

Lid kommentare

Jy mag ook hiervan hou
Lugpos op 'n Saterdag Albertus Van Wyk

Oud word is nie noodwendig oom word nie . . .

ALI VAN WYK sê hy is nou amptelik in die laaste fase van sy middeljare. Dan bepeins hy die Afrikaanse kultuur se ingebore onderdanigheid en deel aanbevelings oor wat om op TV te kyk, asook insigte in die wêreld van die Duitse komponis Felix Mendelssohn.
Lees Meer →
Lugpos op 'n Vrydag Willem Kempen

Verduistering en verheldering + 22 gedeel deur 7

WILLEM KEMPEN wonder oor die stryd tussen woorde en syfers, en of Amerikaanse kinders nog kan spel. Wees ook gewaarsku: Vandag se Dilemma neig na chaos.
Lees Meer →
Lugpos op 'n Sondag. Anneliese Burgess

Boeke, verbeelding, sardyne voor my deur, tee met Tony Leon + 3 wéérmaak-resepte

ANNELIESE BURGESS kyk na die sardynmigrasie in die see voor haar huis, vertel van kinderboeke, verbeelding en hoe Ernest Hemingway haar skryfstyl beïnvloed het. Sy deel ook drie resepte uit haar kombuis wat jy weer en weer kan maak.
Lees Meer →