'n Goeie lewe het nie 'n universele templaat of 'n kontrolelys wat ons in dieselfde volgorde moet volg nie, skryf ANNELIESE BURGESS. Daar is ook gedagtes oor mikrofeminisme, 'n lensiesop, pitabroodjies en 'n lang leeslys.
Die dinge wat deesdae vir haar vreugde bring, is anders as selfs 10 jaar gelede, skryf ANNELIESE BURGESS. Dit het miskien minder te doen met ouer word en meer met in jou vel ingroei na 'n meer gestroopte weergawe van jouself.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n besluit om die pap op die vloer te laat val toe 'n familiekrisis haar aandag geverg het. Vandag se brief is ’n gesprek tussen haar en haar jonger broer wat vertel van sy Parkinsonsiekte-diagnose, en die dokter in Pretoria wat hulle geloof in die mensdom herstel het.
Die lewe het vir ANNELIESE BURGESS teruggespoel na die Wildekus en soms roep die water haar. Sy maak ook melkkos, vertel van 'n BBC-reeks se gesondheidraad en noem vier interessante podsendings waarna sy onlangs geluister het.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n kuier met 'n kommunale wolboer, hoe sy 'full psycho' gedraai het op 'n buurman wat haar gunstelingboom wou afkap (en het), en wonder waar die kosprys nog gaan draai as die graan- en groenteboere sê dis goedkoper om nie te plant nie as om wel te plant.
Die opsies vir 'n warm bad op 'n plek sonder Eskomkrag word 'n les. Dan is daar die oorgang, tydens ons middeljare, tussen die oewers van ons eerste en tweede lewe. Plus insigte oor die oorlog in Oekraïne en oor DJT, en herfsfoto’s uit die Oos-Kaap.
KERNEELS BREYTENBACH vertel van mense wat stemme hoor en sy grootjie se stem wat hy wíl hoor, matte wat oorloë gedenk en Saoediërs wat suid van Kaappunt tuna kitsjag.
ANNELIESE BURGESS sien ses lammers wat deur 'n rooikat doodgebyt is, en probeer sin maak van die spanning tussen lewe en dood, die skerp kant van boerdery waarmee sy nog altyd gesukkel het. Die digter en morele filosoof van landbou, Wendell Berry, wys die weg vir haar aan.
DEE KRÜGER kyk ná 10 jaar weer na Brexit, skryf oor wat aanleiding gegee het tot dáárdie referendum en waar die Britte nou staan, en ANDRÉ DU RANDT skryf oor Amerikaanse politici wat hulle sleg gedra en die verskuiwende 'gaze'.
ANNELIESE BURGESS sê sy is geanker in haar tannie-era, maak vrede met dit wat sy nie kan verander nie, beplan 'n sauna met populierplanke en soek 'n goue muur in haar huis en 'n teëlbankie vir haar tuin.
ANNELIESE BURGESS sê sy't nog altyd gaan slaap om wakker te word, want oggende is waar die vreugde lê. Vandag se brief is 'n mengelmoes van weemoed en wyn, 'n beeldskone spens in die woestyn en 'n super weird storie oor 'n spaai van New York in die Straat van Hormuz.