Ons begin by 'n storm en 'n skeepstragedie in die Baltiese See. Dit lei tot dwarswinde in 'n droom wat ANNELIESE BURGESS in die middel van die nag wakker ruk. Sy wonder wat die befaamde psigoterapeut Irvin Yalom daaroor te sê sou hê?
ANNELIESE BURGESS probeer verstaan hoekom godsdiens en politiek mense se koppe soms laat uithaak, en deel allerhande mooi en interessante goed – musiek, 'n helende woudbad, 'n ondergrondse koraalplant, 'n sagte skaapvel vir die bed + 'n gedig en 'n boek.
Dalk is dit omdat haar sterflikheid soos 'n vlag begin wapper, dat sy God gevind het, skryf ANNELIESE BURGESS. In haar kerk van klippe en veld, in die katedrale van kloof en strand. In die liturgie van voëlgesang en die wierook van nat grond ná reën.
ANNELIESE BURGESS skryf oor rou woede en die verbryselende hartseer van briewe wat sy geskryf het aan iemand wat dit nooit sou lees nie. En LAUREEN ROSSOUW gee haar indrukke van Milaan en Parys se modeweek.
ANNELIESE BURGESS dink vandag na oor wat erfenis vir haar beteken, en skryf dan ’n brief hieroor aan haar dogter. En JOHAN NEL gesels oor kosdinge op televisie, en in boeke en 'n blog. Hy deel ook twee stukkies musiek, gepas vir hierdie tye.
Die sielkundige argitektuur van die oudste dogter word geskep deur verwagting en nalatenskap van emosionele arbeid wat soos 'n erfstuk aangegee word, skryf ANNELIESE BURGESS. Daar is ook 'n heerlike rissie-aftreksel, 'n fynbosfees en skakels na dinge waaroor jy hierdie week wil lees.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die geskenk van teenwoordigheid, lesse in die kuns van Marina Abramović, 'n huilboom, Helen Mirren op 80, die beste pan, 'n mosterdbad en ander geskenke aan jouself.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n moeilike hoofstuk in haar boek wat vorm aanneem, en 13 ander goed wat hierdie week aan haar vreugde verskaf het – van perfekte pienk mure in 'n restaurant tot 'n mosgroen kruik van Mervyn Gers.
Van haar speseryhouers tot die eerste lentebloeisels; van 'n veevendusie tot Indiese sandelhoutseep. En 'n gesprek met Mmusi Maimane. ANNELIESE BURGESS deel 12 goed uit haar week.