79 Plasings

Anneliese Burgess

Anneliese Burgess

Mashatile, die donker prins + gedagtes oor die Afrikaner-kultus + 'n leidraadlose Dilemma

Oudregter JOHANN KRIEGLER skryf oor Pieter du Toit se nuwe Paul Mashatile-boek, en DAN BADENHORST deel 'n paar gedagtes oor die ope brief van 'n groep Afrikaners wat standpunt inneem teen die MAGA-narratief dat 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika plaasvind.
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Voëls in die kandelaarbome, Chinese terapie wat my hart oopgemaak het + rustyd in stilte

ANNELIESE BURGESS vertel van haar week by "Mrs Cowley" se gesondheidskliniek en 'n onverwagte emosionele ervaring met tradisionele Chinese terapie wat haar weer laat besef het hoe belangrik dit is om nuuskierig te bly.
Lees meer →
Anneliese Burgess

BOEKRAK | Nataniël, Marita, Antjie, Arundhati Roy, Bee Wilson + 4 ander moetlees-boeke

Eggo's uit 'n kombuis, Nataniël se briljante stories, Marita se swerfjaar saam met haar Fransman, die komplekse band tussen moeder en dogter, en 'n digbundel met 'klankbane' – dis alles vandag deel van ons leesfees!
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Om te skryf vir die einde van lees, John O'Donohue oor spiritualiteit + gesoek: boeksoldate

ANNELIESE BURGESS dink as haar dogter eendag so oud soos sy is, gaan boeke nie meer bestaan nie. En sy borduur verder aan die gesprek oor God en geloof met insigte van die Ierse digter en filosoof John O'Donohue.
Lees meer →
Anneliese Burgess

KOSKAS | Johan oor amper-Kersfees-kuierkos en sjampers + Anneliese se groente-revolusie

Wanneer jy al van einde Oktober af Kersversierings in die winkels sien glinster, wéét jy mos, sê JOHAN NEL. Dit raak binnekort tyd om tafel te dek vir die Desember-kuiergaste. En MCC te skink – hoe anders? Dan vertel ANNELIESE BURGESS interessante groente is haar nuwe obsessie.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Gerrit Olivier | Begroet die lanterfanter (naas 'n Dilemma)

Die Franse praat van ‘n flâneur, ‘n fynproewer van die vervlietende oomblik. GERRIT OLIVIER wil graag die Afrikaanse woord lanterfanter hiervoor laat herleef en dit met nuwe inhoud vul. Vandag se Dilemma is opsetlik voorsetlik.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Oor die lewe se dwarswinde, 'n tragedie in die Baltiese See, wakkerlê-drome + 11 los goeters

Ons begin by 'n storm en 'n skeepstragedie in die Baltiese See. Dit lei tot dwarswinde in 'n droom wat ANNELIESE BURGESS in die middel van die nag wakker ruk. Sy wonder wat die befaamde psigoterapeut Irvin Yalom daaroor te sê sou hê?
Lees meer →
Anneliese Burgess

’n Rugbymemoir met skouers + Sonja pak haar tas

Eben Etzebeth se sport-outobiografie is ’n moetlees; 'n wolkekrabber van 'n storie, reken KERNEELS BREYTENBACH. Dan is daar die slothoofstuk van JOAN HAMBIDGE se aangrypende vervolgverhaal, met onthullings van die vendetta teen Sonja Vermaak, én ‘n aand in die inryteater buite Bultfontein.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Gerrit Olivier | ’n Requiem vir Gaza + 'n (on)ware Dilemma

Te midde van die jubeling oor vrygelate Israeli-gyselaars en Palestynse gevangenes lê die grootste gedeelte van Gaza in puin, skryf GERRIT OLIVIER. Die psigologiese verminking sal tot ver in die toekoms duur. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Hoekom politiek en godsdiens mense se koppe laat uithaak + ligter goeters vir die hart

ANNELIESE BURGESS probeer verstaan hoekom godsdiens en politiek mense se koppe soms laat uithaak, en deel allerhande mooi en interessante goed – musiek, 'n helende woudbad, 'n ondergrondse koraalplant, 'n sagte skaapvel vir die bed + 'n gedig en 'n boek.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Die Wetenskap van Klank en Paranoia + Gaan alles klopdisselboom in die koshuis?

KERNEELS BREYTENBACH onthul 'n geheime subdepartement van MI6 wat sedert die 1970's die musikale gedrag van denkende wesens monitor. En JOAN HAMBIDGE bevestig dat Sonja Verbeek en Giel Benade 'n match made in heaven is – en dat die foefieslaaid nog werk.
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Tuiskoms en wat 'n huis is + hoe ons wegstoot wat ons eintlik wil hê

ANNELIESE BURGESS skryf oor tuiskoms en die drade wat ons weer in die wêreld bymekaar trek.
Lees meer →
Bladsy 3 van 7