JOHAN NEL het in Nobelpryswêreld se gange gaan wandel en deel interessante feite oor dié gesogte toekennings. Hy vertel ook van die formidabele Claudia Roden, 'n koningin in koskringe. En JOAN HAMBIDGE haal aan uit twee vertroostende briewe van Sonja Verbeek.
Dalk is dit omdat haar sterflikheid soos 'n vlag begin wapper, dat sy God gevind het, skryf ANNELIESE BURGESS. In haar kerk van klippe en veld, in die katedrale van kloof en strand. In die liturgie van voëlgesang en die wierook van nat grond ná reën.
Selfs 'n radio sonder grense kan nie sonder grense wees nie, maan GERRIT OLIVIER. Hy meen omroepers se gemoedelikheid het ook 'n onrusbarende kant. En JOAN HAMBIDGE onthul die trillende oomblik wanneer Sonja haar deur vir Giel oopmaak.
Dis 'n wêreld vol wors daarbuite, skryf JOHAN NEL. Van ons regte, egte boerewors tot die Franse se lieflike weergawes met vark-afval en die Italianers se salsicce. Kosheiligheid oral! En JOAN HAMBIDGE sit die meesleurende verhaal van die bekroonde digteres Sonja Verbeek voort.
ANNELIESE BURGESS skryf oor rou woede en die verbryselende hartseer van briewe wat sy geskryf het aan iemand wat dit nooit sou lees nie. En LAUREEN ROSSOUW gee haar indrukke van Milaan en Parys se modeweek.
Dit lyk soms of Afrikaans meer ontrafel as ontwikkel, want mense praat die taal deesdae lui en ongedissiplineerd, skryf GERRIT OLIVIER. En JOAN HAMBIDGE deel dwalende gedagtes van Sonja Verbeek, kultuurmens, reisiger en troebadoerin van die liefde.
ANNELIESE BURGESS dink vandag na oor wat erfenis vir haar beteken, en skryf dan ’n brief hieroor aan haar dogter. En JOHAN NEL gesels oor kosdinge op televisie, en in boeke en 'n blog. Hy deel ook twee stukkies musiek, gepas vir hierdie tye.
Dit lyk asof Panyaza Lesufi en sy spannetjie hulle ten spyte van jare lange niksdoen tog nog kan skaam, skryf GERRIT OLIVIER. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
Die sielkundige argitektuur van die oudste dogter word geskep deur verwagting en nalatenskap van emosionele arbeid wat soos 'n erfstuk aangegee word, skryf ANNELIESE BURGESS. Daar is ook 'n heerlike rissie-aftreksel, 'n fynbosfees en skakels na dinge waaroor jy hierdie week wil lees.
In die lig van soortgelyke verhale kan 'n mens tot die slotsom kom dat die Jesus-verhaal nie oorspronklik en uniek was nie, skryf JOHAN RETIEF. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die geskenk van teenwoordigheid, lesse in die kuns van Marina Abramović, 'n huilboom, Helen Mirren op 80, die beste pan, 'n mosterdbad en ander geskenke aan jouself.