LAUREEN ROSSOUW vertel van die magnetiese oomblik wat sy in 2005 by die Stockholm-biblioteek in Swede beleef het. En op eie bodem sê KERNEELS BREYTENBACH wat braaibroodjies betref, lê die bewys in die proe.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n moeilike hoofstuk in haar boek wat vorm aanneem, en 13 ander goed wat hierdie week aan haar vreugde verskaf het – van perfekte pienk mure in 'n restaurant tot 'n mosgroen kruik van Mervyn Gers.
Dit was nie bloot 'n 'fout' dat die Sunday Times en The Citizen versuim het om te noem dat die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) vroeër vanjaar betaal het vir hul verslaggewers om na Israel te reis nie, skryf JOHAN RETIEF in hierdie meningsartikel. Vandag se Dilemma is onderaan.
Van haar speseryhouers tot die eerste lentebloeisels; van 'n veevendusie tot Indiese sandelhoutseep. En 'n gesprek met Mmusi Maimane. ANNELIESE BURGESS deel 12 goed uit haar week.
ANNELIESE BURGESS vertel van aalwyne en geel magrietjies, 'n memoir oor egskeiding en twee skaapwagtertjies met rooi musse. Dan skryf JOHAN NEL oor hoe hy, digbundel in die hand, van Breyten Breytenbach in Parys afskeid geneem het. En oor 'n warm ontvangs en feesmaal later by Le Méchoui du Prince.
Baie mense dink die informele sektor word nie behoorlik in SA se ekonomiese syfers verreken nie, maar dis nie eenvoudige somme om te maak nie. JP LANDMAN kyk hoe mense soos straatverkopers en sjebiens se inkomste wel vasgevang word, en vra vir bykomende maniere van meting.
'n Gedig, 'n tuinbad, 'n lewensles, suksesverhale uit die platteland, 'n song, 'n gesprek, koswenke en boeke – ANNELIESE BURGESS deel 11 goed wat hierdie week deur haar lewe gewandel het.
ANNELIESE BURGESS vertel hoe nood haar weer leer bid het, van 'n kinderfantasie oor 'n hut in die berge, en die onverwagte besoek van twee jagters op die plaas.
ANNELIESE BURGESS vertel meer oor Binne+Land se nuwe losstaande Gasposte, en DAN BADENHORST gee sy mening oor die heropening van Wilgenhof-manskoshuis in Stellenbosch as 'n "herverbeelde spasie". Vandag se Dilemma laat die biesies bewe.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die heiligheid van vrae vra, van nuuskierigheid en hoe belangrik dit is om kompleksiteit geduldig te hanteer. En JOHAN NEL sê ons moet vergeet van koshuiskool, 'n herinnering wat erger is as 'n SARS-oudit. Ontdek eerder smeltkool, dis koningskos.
ANNELIESE BURGESS sê ons leef soos bome wat wag op die geheime taal van die seisoene. Sy deel hoogtepunte uit 'n gesprek met die afrigter van die Proteas, asook haar gebruiklike notas oor wat sy hierdie week in haar kombuis gepleeg het.