HENRIETTE GELDENHUYS wonder wat maak die Afrikaner-safugees daar in Amerika en 'n leser skryf dat 'non-racial' in sy lewe toe die hele tyd presies die teenoorgestelde is van wat dit veronderstel was om te wees.
Die voortgesette sekularisasie in ons kultuur lei daartoe dat talle mense onvergenoegd raak met die idee van 'n god wat 'gapings moet toestop', skryf ANTON VAN NIEKERK. Hy bekyk die spanning tussen wetenskaplike kennis en geloofskennis.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER skryf die werklike toets vir ons medemenslikheid lê in hoe ons die vreemdeling behandel; DIANE DE BEER gesels met Gerda Taljaard, skrywer van ‘Die grafdigter’; en JOAN HAMBIDGE sit haar gedagtes oor die meesterlike Saul Bellow voort.
GERRIT OLIVIER meen twee Suid-Afrikaners kan maar verban word – albei oudpresidente: die een sonder formele opleiding, maar slim genoeg om dekades lank uit die tronk te bly; die ander 'n skrander 'intellektueel' wat hovaardig die wetenskap wat derduisende van 'n Vigs-dood sou kon red, negeer het.
Ian von Memerty het onlangs sy lewe beëindig in wat hy 'n daad van 'selfverlossing' genoem het. JENNIFER FERGUSON besin oor sy daad en sê uiteindelik moet die teater van argument plek maak vir die stille werk van rou.