Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, het die afgelope twee jaar 'n aggressiewe, dalk selfs onafhanklike stem vanuit die presidensie geword. PIET CROUCAMP wonder wat sy toekomstige ambisies is.
Paul Mashatile van die Alex-mafia staan nou met die teenwoordigheid van 'n meesterpatronaat aan die stuur van 'n volledig gekorrumpeerde bevrydingsparty, en vir alle praktiese doeleindes het hy reeds Suid-Afrika se presidentskap oorgeneem, skryf PIET CROUCAMP.
PIET CROUCAMP is nie oortuig daarvan dat daar vervolgings gaan wees na afloop van die ondersoek na die inligting wat Nhlanhla Mkhwanazi bekend gemaak het nie. Maar ons kan beslis 'n openbare drama in drie bedrywe oor die komende jaar of meer te wagte wees.
PIET CROUCAMP probeer onderskei tussen Suid-Afrika se ministers, gangsters en sluipmoordenaars, en dis nie maklik nie. Hierdie week moet jy vasbyt, dis 'n lang nuusbrief, want die bloedspoor van die verhaal het nie kortpaaie nie.
As die RNE 'n teken van wedersydse gesprek en 'n wisselwerking van idees was, kon ons gesels het, maar dit is nie, om dieselfde redes as wat die nasionale dialoog waarskynlik nie gaan wees nie, skryf PIET CROUCAMP.
Hy het Trump derangement syndrome, sê PIET CROUCAMP, en hy meen 'almal anders behoort dit ook te hê, maar hulle het nie'. Wanneer jy voel jy het geen ander keuse as om 'n idioot te wees nie, double down, wees dit met persoonlike oortuiging.
PIET CROUCAMP vertel die verhaal van die korrupte Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VOK) wat as voorloper vir staatskaping gedien het en nou tydens die Ramaphosa-presidentskap repliseer.
PIET CROUCAMP bepeins Johannesburg se vreemde sosiale orde, leer sy studente oor die 'etiese' gebruik van kunsmatige intelligensie en wandel op die weë van ontwrigting.
PIET CROUCAMP mymer oor die gebeure tydens Cyril Ramaphosa se onlangse besoek aan die Withuis, en wonder oor die stelling: Die Afrikaners is terug. Kan dit waar wees? vra hy. Daar is dan nie 'n Christiaan de Wet onder hulle nie.
PIET CROUCAMP skryf oor 'n ou waarheid in 'n Boksburg-kroeg: Moenie jouself probeer verduidelik nie. As hy Ramaphosa se raadgewer was, sou hy die Suid-Afrikaanse president aangeraai het om seker te maak Trump dink aan Mzansi as van strategiese belang.