Dalk is dit omdat haar sterflikheid soos 'n vlag begin wapper, dat sy God gevind het, skryf ANNELIESE BURGESS. In haar kerk van klippe en veld, in die katedrale van kloof en strand. In die liturgie van voëlgesang en die wierook van nat grond ná reën.
Selfs 'n radio sonder grense kan nie sonder grense wees nie, maan GERRIT OLIVIER. Hy meen omroepers se gemoedelikheid het ook 'n onrusbarende kant. En JOAN HAMBIDGE onthul die trillende oomblik wanneer Sonja haar deur vir Giel oopmaak.