Chris Marnewick, 'n ervare Suid-Afrikaanse advokaat en skrywer wat onder andere 'n handleiding vir Suid-Afrikaanse advokate geskryf het, het nou 'n boek op die rakke oor die Oscar Pistorius-hofsaak. Sy ontleding daag die gevestigde weergawe van die saak uit.
Nuutskeppinge is een van ALI VAN WYK se geheime belangstellings. Hy raak skoon emosioneel oor nuwe woorde, en dis nie altyd mooi nie. Hy skryf ook oor die onderskatte Franse komponis Gabriel Fauré se wonderlike Eerste Klavierkwartet.
'n Goeie lewe het nie 'n universele templaat of 'n kontrolelys wat ons in dieselfde volgorde moet volg nie, skryf ANNELIESE BURGESS. Daar is ook gedagtes oor mikrofeminisme, 'n lensiesop, pitabroodjies en 'n lang leeslys.