Vandag op LAUREEN ROSSOUW se radar: INGRID JONES skryf oor die gewigtige saak wanneer maer wees en koe'sisters eet albei vir jou prioriteite is. En KERNEELS BREYTENBACH vertel van drie boeke wat hy gelees het om bedruktheid oor oorlogkwessies hok te slaan.
Boekefees, pandoekas en bobbejaantoontjies, die briljante Saul Bellow wat deur sy briewe leef en 'n besonderse vaarwel aan Breyten op die verhoog. Geniet alles in LAUREEN ROSSOUW se Saterdagbrief.
DIEPTESTUK | Sy naam is George Thomas. Maar op die Kaapse Vlakte ken hulle hom as Geweld – 'n bynaam ingenaald op sy nek, en met bloed verdien. Dit is sy verhaal. En ons s'n, skryf JACQUES PAUW.
Van jakarandatyd in die noorde tot kuns in die suide en 'n roerende gedig vir 'n geliefde joernalis wat onlangs oorlede is. Kyk waarmee LAUREEN ROSSOUW se gasbydraers hierdie week vir ons opgekom het.
ANNA-RETHA BOUWER skryf uit Australië oor haar ervaring van die gras anderkant die draad: deels groener en deels klipperig. Baie hang af daarvan of 'n mens aan emigrasie dink as wegvlug of nuwe geleenthede omarm.
Liefde besiel en verniel op die pad van wellus en jaloesie. Uit LAUREEN ROSSOUW se inboks dop vandeesweek twee vertellings daaroor: NICOLE STRAUSS skryf oor die verhouding tussen die Beatles Paul en John, en KERNEELS BREYTENBACH oor die stommiteite van Amerikaners in Groenland.
Op LAUREEN ROSSOUW se radar: Art Fair, 'The Firebird' en wat jy in plaas van sout as geurmiddels in jou geregte kan gebruik. Dan deel JOHAN NEL 'n paar gedagtes oor Valentynskos.
Tussen 1960 en 1989 is sowat 130 mense in Suid-Afrika tereggestel vir misdade met 'n politieke motief. Oudregter JOHANN KRIEGLER kyk na 'n nuwe boek hieroor.
Uit LAUREEN ROSSOUW se inboks: Die WAT vier vanjaar sy eeufees en JANA LUTHER deel ’n paar juwele uit dié skatkiswoordeboek; GERRIT OLIVIER praat oor die Oostenrykse skrywer en buitestander Bernhard Thomas, en Kiran Desai skryf weer ná 20 jaar: NICOLE STRAUSS vertel.
Op LAUREEN ROSSOUW se radar: die Stilbaai-boekefees, Hemelhuijs-kookboek en Li Edelkoort se trendseminaar op Babylonstoren; JOHAN NEL, pas terug uit Parys, vol stories en nuwe kos-idees.
Die een oom is vet, die ander een is maer; saam skryf hulle oor misverstande en juiste taalgebruik. GERRIT OLIVIER en KERNEELS BREYTENBACH se vriendskap strek oor meer as 50 jaar, en hulle deel selfs 'n verjaardag. Maar vandag deel hulle meer: Hulle kyk met 'n skerpe blik na digkuns en verdigting.
Pajamas as dagklere, fraiings, KI-kuns, boublokkies vir kinders en perfekte chillisous ... dit alles en nog meer is op LAUREEN ROSSOUW en ANNELIESE BURGESS se radar.