Die Bybel kan nie as ’n eiendomsakte dien nie, skryf JURIE VAN DER WALT oor die Israelies-Palestynse konflik. Die bestaan van een historiese verbintenis vee nie outomaties die regte van ’n ander bevolking uit nie.
ELRENA VAN DER SPUY skryf oor besems. Dis al. En dit is alles. Sy vee van Athlone se kampong vir wit poliesmanne tot in die hoek van 'n Stellenbosse stoep. Van die stad langs die broeiende Ganges en die 1 200 miljoen stompies in Kaïro se strate tot binne-in adv. Chaskalson se kop.
DAVID BOTHA het op sy voorsate se spore geloop en gekyk na die persoonlike verbintenis wat hy het met mense wat aandadig was aan die vervolging en uitmoor van die San, en onderneem om die verlede eerlik te beskou – ter wille van versoening in ons land.
Iran het 'n reputasie opgebou as 'n geduldige, onversetlike en gesofistikeerde onderhandelaar, iets wat Donald Trump blykbaar nie besef het nie, skryf JURIE VAN DER WALT.
Ons lewe in dié eeu van die wetenskap en tegnologie met ’n angswekkende gebrek aan kennis waarin samesweringsteorieë floreer en gesondheidsfoefies en kwaksalwerrate die wetenskap, gebou op bewyse, telkens verswelg, skryf GEORGE CLAASSEN.
ELSABE PEPLER sê daar is drie mans wat haar aanstaan. Twee van hulle is by die Madlanga-kommissie. Die derde slaan 'n bal teen die spoed van lig oor 'n tennisbaan.
Dis bisar dat die DA kla oor hoe Tony Leon druk op die party sit, meen IKE BOSS, wat vandag vir Willem Kempen instaan. Daar is wel 'n Dilemma soos gewoonlik op 'n Donderdag.
Die bekroonde joernalis EVERSON LUHANGA verduidelik hoe migrante in die weefsel van ons daaglikse ekonomiese lewe verweef is. RUDA LANDMAN gesels met oudregter Johann Kriegler, eerste voorsitter van Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie.
Universiteite se prestige begin glans verloor, skryf NINA OVERTON-DE KLERK. Sy sê die huidige premie wat op kennis ter wille van kennis geplaas word, veral hier by ons in SA plek behoort te maak vir gemeenskapsimpak – en ubuntu.
Vandag deel ons 'n uittreksel uit 'n outofiksie-bundel van prosastukke en essays deur die skrywer en digter DOMINIQUE BOTHA. Dit verken herinnering en trauma, en beweeg tussen die Hoëveld, die Oos-Kaap en Europa om 'n intieme blik op familiegeskiedenis en nasionale geheue te bied.