Vandag in LAUREEN ROSSOUW se inboks: JOHAN NEL waarsku teen vetsug en vertel ons meer van gesond leef, oordeelkundig eet en hoe die Italianers dit doen. Dan raak DIANE DE BEER entoesiasties oor Lientjie Wessels se nuwe kosprojek.
Daar was Dinsdag 'n aankondiging wat maklik verlore kon gegaan het tussen al die ander opspraakwekkende nuus van die laaste paar dae, maar die implikasies daarvan strek dalk selfs wyer, meen WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma is nie vir die dikvelliges nie.