'n Goeie lewe het nie 'n universele templaat of 'n kontrolelys wat ons in dieselfde volgorde moet volg nie, skryf ANNELIESE BURGESS. Daar is ook gedagtes oor mikrofeminisme, 'n lensiesop, pitabroodjies en 'n lang leeslys.
Vandag deel ons 'n uittreksel uit 'n outofiksie-bundel van prosastukke en essays deur die skrywer en digter DOMINIQUE BOTHA. Dit verken herinnering en trauma, en beweeg tussen die Hoëveld, die Oos-Kaap en Europa om 'n intieme blik op familiegeskiedenis en nasionale geheue te bied.
Baie word gepraat oor Trump en die Irannese, maar niks word gesê oor die lot van die klein Golf-dinastieë soos Katar, Bahrein en Dubai nie. Hierdie lande is in 'n netelige posisie. ALI VAN WYK bekyk hul situasie, en gesels ook oor 'n monumentale kamerwerk deur W.A. Mozart.