Op die gedenkdag van sy dogtertjie se dood ondergaan Mike breinchirurgie vir Parkinson se siekte. ANNELIESE BURGESS wag in ‘n gastehuis uit die Twilight Zone en vra: hoe oorleef mens die onoorleefbare? Sy herinner lesers ook aan Roelf Meyer se politieke memoires wat hierdie week bekend gestel word.
Trump se minagting, onrealistiese eise en dreigemente van die Amerikaanse ambassadeur: is daar enige uitweg uit die dooiepunt tussen SA en die VSA? Die politieke ontleder JP LANDMAN skets drie scenario's – van verdere verswakking tot 'n moontlike joker in die pak: kritieke minerale.
Chris Marnewick, 'n ervare Suid-Afrikaanse advokaat en skrywer wat onder andere 'n handleiding vir Suid-Afrikaanse advokate geskryf het, het nou 'n boek op die rakke oor die Oscar Pistorius-hofsaak. Sy ontleding daag die gevestigde weergawe van die saak uit.