Ons plaas vandag eerstens 'n aangrypende essay wat GERRIT OLIVIER oor die herfs as digterlike tema geskryf het. Die tweede teks is sy treffende resensie van 'n Antjie Krog-digbundel wat in 1981 bekend gestel is.
GERRIT OLIVIER dink terug aan ’n Kaapse vakansie in sy kindertyd – iets wat hy meen vir sy pa 'n donker nag van die siel was waarvan hy nooit herstel het nie.
GERRIT OLIVIER meen twee Suid-Afrikaners kan maar verban word – albei oudpresidente: die een sonder formele opleiding, maar slim genoeg om dekades lank uit die tronk te bly; die ander 'n skrander 'intellektueel' wat hovaardig die wetenskap wat derduisende van 'n Vigs-dood sou kon red, negeer het.
PIET CROUCAMP reken Marco Rubio is nie bloot 'n uitvoerende amptenaar nie, maar 'n draer van 'n baie spesifieke historiese geheue wat manifesteer in die regverdigings vir regime-verandering in die land van sy vaders.