Trump het vir Bruce Springsteen liederlik onderskat, reken ALI VAN WYK. Hy bespreek ook 'n onortodokse pianis en mens, Friedrich Gulda, en mymer oor vleisrolle en boontjiepasta.
Die spanning loop hoog in die Persiese Golf, waar 'n Amerikaanse oorlogsvloot saamtrek terwyl Iran naarstiglik nuwe missiele bymekaarmaak. Wat gaan hier gebeur? ALI VAN WYK probeer dit uitpluis. Hy luister ook na Joseph Haydn se slim en vernuwende Afskeidsimfonie.
ALI VAN WYK skryf oor wat 'n mens verloor wanneer jou naastes doodgaan. Hy kyk ook na twee puik dokumentêre flieks, twee reekse en 'n heerlike klein fliek op die stroomdienste. Laastens vertel hy van 'n legendariese 1955-opname van 'n Tchaikovsky-werk deur 'n Rus in Chicago.
ALI VAN WYK vertel 'n storie wat nie oor Donald Trump gaan nie, hy praat 'n bietjie nonsens met die diere oor motorname, en hy stel vier wonderlike opnames van Beethoven se Simfonie No. 5 bekend.
ALI VAN WYK vertel van 'n staatskool wie se haarreëls vir seuns dieselfde is as vir meisies, terwyl 'n ander een nie so gaaf is nie. Hy gesels ook oor Hector Berlioz, die enigmatiese Franse Romantiese komponis.
ALI VAN WYK wonder hoekom ons nie almal die heeltyd wildsvleis eet nie. Hy plaas 'n skakel na 'n vermaaklike maar ook sensitiewe video oor seks en gestremde jong mense. En hy stap deur die museum saam met Mussorgsky se 'Prente by 'n uitstalling'. Revolusionêr!
ALI VAN WYK kies vir jou 13 televisie-reekse, flieks en dokumentêre wat jy in die vakansie kan kyk, en hy vertel die storie agter die storie van Mozart se Die Towerfluit.
ALI VAN WYK vier die herlewing van die Proteas ná die reeksoorwinning oor Indië. Hy wonder of kunsmatige intelligensie finaal 'n einde kan maak aan die gestry oor Temba Bavuma se bevoegdheid, en ons luister na 'n Suid-Afrikaanse blokfluit-ster wat in Duitsland woon.
ALI VAN WYK vertel van 'n fliek wat so goor is dat jy dit beslis moet kyk. Hy beveel ook vier ander TV-programme aan, deel 'n paar prikkelende video's en bespreek Arcangelo Corelli, Barokmusiek se vroegste genie.