ALI VAN WYK wonder of Donald Trump regtig 'n fascis is. Hy twyfel. Hy deel ook sy keuse van lekker TV-kykstof (met puntetoekennings en al) en skryf oor Beethoven se ontwykende laaste strykkwartette.
PIET CROUCAMP vertel 'n Ierse storie oor duur stemmasjiene wat klink of dit in Suid-Afrika uitgedink is. En volg dit op met 'n selfs beter plaaslike storie. Sy gevolgtrekking: Ons en die Iere het beslis iets met mekaar gemeen.
ALI VAN WYK wonder hoekom mense dink jy kan net van óf sport óf klassieke musiek hou. Hy vertel van sy eie reis tussen Loftus en die simfoniesaal, deel mymeringe oor die 'sesvoet-frons' Sergei Rachmaninoff en dink na oor wat rugby en klassieke musiek regtig met mekaar gemeen het.
WILLEM KEMPEN vermoed dit raak ál moeiliker vir ons om deur iets geskok te word. IKE BOSS vertel in sy Gaspos van fluisteringe oor wie daai twyfelagtige syfers oor politieke partye se steun laat uitlek het. Onderaan is daar ook weer 'n Dilemma.
Wie dra die kroon en wie gaan dit dra wanneer die koning nie meer met ons is nie? vra PIET CROUCAMP. Die verbale en openbare aanvalle op die Ramaphosa-administrasie kan maklik as gesonde kritiek gesien word, maar wie onder ons sou so naïef wees om enigiets vanuit die ANC as gesond te beskou?
Dit was nie bloot 'n 'fout' dat die Sunday Times en The Citizen versuim het om te noem dat die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) vroeër vanjaar betaal het vir hul verslaggewers om na Israel te reis nie, skryf JOHAN RETIEF in hierdie meningsartikel. Vandag se Dilemma is onderaan.