ANNELIESE BURGESS skryf oor rou woede en die verbryselende hartseer van briewe wat sy geskryf het aan iemand wat dit nooit sou lees nie. En LAUREEN ROSSOUW gee haar indrukke van Milaan en Parys se modeweek.
Dit lyk soms of Afrikaans meer ontrafel as ontwikkel, want mense praat die taal deesdae lui en ongedissiplineerd, skryf GERRIT OLIVIER. En JOAN HAMBIDGE deel dwalende gedagtes van Sonja Verbeek, kultuurmens, reisiger en troebadoerin van die liefde.
ALI VAN WYK wonder of die aanlyn bedrieërs net ál meer gaan word en of dit 'n versadigingspunt sal bereik. Hy deel vyf prettige video's en bekyk die magiese Estlandse komponis Arvo Pärt.
ANNELIESE BURGESS dink vandag na oor wat erfenis vir haar beteken, en skryf dan ’n brief hieroor aan haar dogter. En JOHAN NEL gesels oor kosdinge op televisie, en in boeke en 'n blog. Hy deel ook twee stukkies musiek, gepas vir hierdie tye.
Ons lees boeke, want die alternatief is dom, afgestompte stilte, reken KERNEELS BREYTENBACH. Hy deel 'n paar notas uit die leeskomplot. Dan kan jy ook lees oor die vreugde van voëls, en hoe die natuur kan troos.
ALI VAN WYK probeer uitpluis wat beter is: 'n Wegraping of geen Wegraping. Hy deel ook topwenke vir TV kyk en vertel 'n verstommende storie oor Antonio Vivaldi, wie se musiek amper vir die mensdom verlore was.
WILLEM KEMPEN hoop ons kan 'n manier vind om gemeenskapsjoernalistiek aan die gang te hou, en vertel van die merkwaardige Group Captain 'Dutch' Hugo van die RAF (en die plaas Pampoenpoort). Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.