Selfs 'n radio sonder grense kan nie sonder grense wees nie, maan GERRIT OLIVIER. Hy meen omroepers se gemoedelikheid het ook 'n onrusbarende kant. En JOAN HAMBIDGE onthul die trillende oomblik wanneer Sonja haar deur vir Giel oopmaak.
ALI VAN WYK was die afgelope week op 'n mallerige trip saam met twee Kroasiërs en 'n bedeesde Sweed. Hy ontdek ook 'n uiters onglansryke motorfietsmuseum en vertel van die liefde tussen Mozart en Haydn.
WILLEM KEMPEN wals rond tussen Frank-N-Furter en die gebeure by Fort Hare, maar jy sal jou sokkies moet optrek vir vandag se Dilemma. Daar is ook 'n mikro-Gaspos deur C. LOUISE KORTENHOVEN.
Moet ons vir Donald Trump die krediet gee vir die politieke ooreenkoms wat nou blykbaar 'n vredeskikking tussen Israel en die Palestyne is? PIET CROUCAMP reken die belangrikste tendens in die Midde-Ooste is die opkoms van pragmatiese regimes soos dié van Saoedi-Arabië, Turkye en Egipte.
Julius Malema is tegelyk produk én parodie van Suid-Afrika ná apartheid, skryf KERNEELS BREYTENBACH. Hy deel insig van die ondersoekende joernaliste Micah Reddy en Pauli van Wyk, wat in hulle nuwe boek wys hoe volkome Malema die sisteem besit wat hy voorgee om te verag.
Dis 'n wêreld vol wors daarbuite, skryf JOHAN NEL. Van ons regte, egte boerewors tot die Franse se lieflike weergawes met vark-afval en die Italianers se salsicce. Kosheiligheid oral! En JOAN HAMBIDGE sit die meesleurende verhaal van die bekroonde digteres Sonja Verbeek voort.
PIET CROUCAMP reken Suid-Afrika is beter daaraan toe met Julius Malema in die tronk en dat AfriForum se mog-het-troffe-regspan dalk net die EFF-leier met moord laat wegkom het.