Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Die les van 'n warm bad sonder Eskomkrag, geluk is nie 'n parkeerplek nie, Oekraïne + Tucker Carlson oor Trump se 'mistieke, bonatuurlike magte'

Die opsies vir 'n warm bad op 'n plek sonder Eskomkrag word 'n les. Dan is daar die oorgang, tydens ons middeljare, tussen die oewers van ons eerste en tweede lewe. Plus insigte oor die oorlog in Oekraïne en oor DJT, en herfsfoto’s uit die Oos-Kaap.
Lees meer →
Gasposte Laureen Rossouw

'n Gedenkdiens + 'n begrafnis

In LAUREEN ROSSOUW se inboks: Dié week dans ons op Avbob se voorstoep. RENÉE CONRADIE bring die lewe van die ikoniese Mimi Coertse in herinnering; JOAN HAMBIDGE vereer haar in 'n gedig. En die selferkende nuuskierige agie KERNEELS BREYTENBACH bedink 'n plan om sy eie begrafnis by te woon.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Die Iran-flater slaan ons hárd! + So lyk Trump se skelm truuks + Handel, flambojante kolos

ALI VAN WYK beskryf hoe 'n onbesonne daad in die Midde-Ooste 'n klein onderneming in Suid-Afrika kan breek, hy kyk na die binnewerking van Donald Trump se korrupsie, en hy onthou 'n simpel staaltjie oor sy eie reis met Handel.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

Geluk by die ongeluk + 'n dobbelspel met goedkoop geld + 'n Dilemma vol splinters

WILLEM KEMPEN draai die wiel van geluk om te sien waar en of dit tot stilstand kom. Vandag se Dilemma is van Joods-Italiaanse afkoms.
Lees meer →
Gasskrywer

Misdaad is die skaduwee oor elke ras, elke klas en elke straat in Suid-Afrika

Nasiebou is nie 'n eenmalige seremonie nie, maar 'n daaglikse ambag, skryf PAUL ROVISS KHAMBULE. Dit word gevorm deur die gesprekke wat ons toelaat, die brûe wat ons bou, en die vrese wat ons bereid is om uit te daag.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #80: Goeie breiwerk kan jou soms teen die mure uitdryf

Vandag se Dilemma skep 'n stewige binding. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Piet Croucamp Piet Croucamp

Die subversiewe J.M. Coetzee + niemandsland + die veldsoirée in Nxuba

PIET CROUCAMP bepeins die irrasionele gedagtegang van skrywers en verheerlik sy eie sinisme jeens filosofie en letterkunde.
Lees meer →
Anneliese Burgess

Kerneels Breytenbach | Weefkuns met 'n agenda, skoonma hoor stemme + die Arabiere skiet tuna en die Samaritaan katte

KERNEELS BREYTENBACH vertel van mense wat stemme hoor en sy grootjie se stem wat hy wíl hoor, matte wat oorloë gedenk en Saoediërs wat suid van Kaappunt tuna kitsjag.
Lees meer →
Gasposte Laureen Rossouw

Candy is dandy but liquor is quicker – digverpakte inligting, briewe, dagboeke + memoirs

Dankie aan GERRIT OLIVIER wat verduidelik hoe poësie woorde in 'n nuwe verband plaas, en aan JOAN HAMBIDGE vir die laaste aflewering in haar insiggewende reeks oor die skrywer Saul Bellow.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Regte koning aan vals koning: 'Kom-kom, ken jou plek' + Waar klassiek ophou en pop begin

ALI VAN WYK reken Koning Charles III het die wannabe-koning van Amerika, Donald Trump, mooi streng oor die vingers getik. Hy doen 'n speelse ontleding van Charles se toespraak, ondersoek die verhouding tussen pop- en klassieke musiek, en deel 'n paar prikkelende video's.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

Karl Marx se voet! + Das-Kapitaal + Pomp en Sirkumstansie (+ 'n stylvolle Dilemma)

WILLEM KEMPEN het by die aanhoor van koning Karel se toespraak aan die Amerikaners amper uitgeroep: 'Je suis Anglaise!' Vandag se Dilemma kry baie met min reg.
Lees meer →
Gasskrywer

Die Bybelse volk, die moderne staat Israel en die 'taak van bevryding'

MARTHIE MOMBERG vertel van 'n ervaring by 'n grenspos in Israel: hoe desperaat die owerhede was om in haar 'n vyand te vind, en hoe moeilik dit is om te erken dat jy 'n spul propaganda vir soetkoek opgeëet het.
Lees meer →
Bladsy 10 van 39