Piet Croucamp Piet Croucamp

Bemagtiging + kriminalisering

PIET CROUCAMP skryf oor die president van Suid-Afrika se netto waarde van ongeveer R6 miljard tot R7 miljard. Hy kom tot die slotsom dat indien bemagtiging enige individu op hierdie wyse verryk, dit eerder diefstal is. Moreel geregverdigde wetgewing kan dus inkriminerende gevolge hê.
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Oor huil en fyngevoeligheid, luisterboeke vs. leesboeke + Texas se Christen-demokraat 🦄

ANNELIESE BURGESS skryf oor die besonderse genade en medemenslikheid van Suid-Afrikaners, sê fyngevoeligheid is nie gebrek nie en deel oudioboeke vir wanneer jy stap, in die bad lê of langpad ry. Plus klomp los goeters, soos altyd op 'n Sondag.
Lees meer →
Gasposte Laureen Rossouw

Johannesburg of Kaapstad? Sensuur is oënskynlik terug + 'n gedig vir Liza

Van jakarandatyd in die noorde tot kuns in die suide en 'n roerende gedig vir 'n geliefde joernalis wat onlangs oorlede is. Kyk waarmee LAUREEN ROSSOUW se gasbydraers hierdie week vir ons opgekom het.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Gaan Trump Iran aanval? + Haydn se subtiele protes

Die spanning loop hoog in die Persiese Golf, waar 'n Amerikaanse oorlogsvloot saamtrek terwyl Iran naarstiglik nuwe missiele bymekaarmaak. Wat gaan hier gebeur? ALI VAN WYK probeer dit uitpluis. Hy luister ook na Joseph Haydn se slim en vernuwende Afskeidsimfonie.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

Waar of vals, verbeelding of werklikheid, goeie bedoelings of duistere motiewe?

Speel Waar of Vals saam met WILLEM KEMPEN terwyl hy probeer agterkom of die Chinese benadering tot tegnologie die oorhand gaan kry. Vandag se Dilemma gaan jou hopelik amuseer.
Lees meer →
Gasposte Gasskrywer

Anna-Retha Bouwer | Emigrasie: Maak ‘n kopskuif voor jy skuif

ANNA-RETHA BOUWER skryf uit Australië oor haar ervaring van die gras anderkant die draad: deels groener en deels klipperig. Baie hang af daarvan of 'n mens aan emigrasie dink as wegvlug of nuwe geleenthede omarm.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #69: Na voor en na agter bly dit een en dieselfde

Moenie dat vandag se Dilemma jou oor die afgrond dryf nie. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Piet Croucamp Piet Croucamp

'n Staatsrede + ruggraat

PIET CROUCAMP skryf oor 'n voorbeeld waar die president, ondanks sy eie bewering dat Cyril Ramaphosa byna sonder uitsondering moeilike besluite vermy, met die hulp van Rudi Dicks, hoof van projekbestuur in die presidensie, ruggraat gewys het. Die agtergrond is die staatsrede, die voorbeeld is Eskom.
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Gisèle Pelicot en die radikale daad van vreugde + die hardste waarheid oor liefde wat ek nog moes hoor 🐦‍⬛

ANNELIESE BURGESS sê sy neem 'n blaai uit die boek van Gisèle Pelicot en besluit om haarself toestemming te gee om gelukkig te wees. En daar is ook 'n ander les oor liefde wat dié week soos 'n fluistering in die heelal by haar geland het.
Lees meer →
Gasposte Laureen Rossouw

John en Paul se liefde + los geluk in Groenland

Liefde besiel en verniel op die pad van wellus en jaloesie. Uit LAUREEN ROSSOUW se inboks dop vandeesweek twee vertellings daaroor: NICOLE STRAUSS skryf oor die verhouding tussen die Beatles Paul en John, en KERNEELS BREYTENBACH oor die stommiteite van Amerikaners in Groenland.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

As die dood op jou drumpel draai + 5 lékker TV-goed + 'n Lieflike Tchaikovsky-opname

ALI VAN WYK skryf oor wat 'n mens verloor wanneer jou naastes doodgaan. Hy kyk ook na twee puik dokumentêre flieks, twee reekse en 'n heerlike klein fliek op die stroomdienste. Laastens vertel hy van 'n legendariese 1955-opname van 'n Tchaikovsky-werk deur 'n Rus in Chicago.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

Bloem se gat in die dak, 'n perfekte storm en 'n onsekere Dilemma

WILLEM KEMPEN skryf oor al die tekens dat KI tegelyk gevaarliker én minder lonend gaan wees as wat aan ons vertel is. Daar is ook 'n Dilemma sonder sekerheid om op te los.
Lees meer →
Bladsy 11 van 34