Met dié dat die wêreld se diplomate almal onder die klippe ingeskarrel het, wonder ALI VAN WYK of outydse diplomasie nog 'n rol te speel het. Hy probeer ook sin maak van Angine de Poitrine, die aweregse band in die kolletjie-kostuums, en hy bespreek die Hongaarse pianis András Schiff.
Waarom klink konserwatiewe stemme dikwels soveel harder op sosiale media? JOAN VAN ZYL het 'n stapel navorsing deurgewerk om te probeer verstaan hoekom woede, konflik en vyandigheid aanlyn beloon word, terwyl logika en nuanse 'n mens nie juis ver bring nie.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n kuier met 'n kommunale wolboer, hoe sy 'full psycho' gedraai het op 'n buurman wat haar gunstelingboom wou afkap (en het), en wonder waar die kosprys nog gaan draai as die graan- en groenteboere sê dis goedkoper om nie te plant nie as om wel te plant.
Vandag in LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER skryf oor die uitdagings vir die digter om politieke kommentaar in 'n vers te lewer wat sy plek in die geskiedenis sal behou. En NICOLE STRAUSS bespreek twee uiteenlopende boeke van skrywers wat haar fassineer.
Mense sê ons leef in 'n tyd van laatkapitalisme, en dit verklaar hoekom als so onseker voel. Maar dan is daar ook mense met goeie planne wat 'n mens hoop gee. ALI VAN WYK krap kop. Hy kyk ook 'n klompie goeie TV-reekse en vertel van 'n spesiale Bach-concerto-opname.
PIET CROUCAMP se brief het vandag optimisties begin en soos die gesprek in sy kop ontwikkel het, het hy al hoe suurder geword. Dis nie net pres. Cyril Ramaphosa wat Suid-Afrikaners 'n antwoord skuldig is nie, reken hy. Hoofregter Mandisa Maya behoort ook aangespreek te word.