NINA OVERTON-DE KLERK glo dat vroue tegelykertyd, selfs doelbewus, die mindere EN meerdere kan wees. Ondergeskik EN in beheer. Sag EN hard. Begeerlik EN berekend. Weerloos EN wreed. Slagoffer EN provocateur. Prooi EN jagter.
PIET CROUCAMP is bekend vir sy kritiek op die DA se leierskap, maar wonder of John Steenhuisen nie tóg die party in 'n beter plek los as wat hy dit gekry het nie.
ANNELIESE BURGESS sê sy't nog altyd gaan slaap om wakker te word, want oggende is waar die vreugde lê. Vandag se brief is 'n mengelmoes van weemoed en wyn, 'n beeldskone spens in die woestyn en 'n super weird storie oor 'n spaai van New York in die Straat van Hormuz.
Vandag se bydraes in LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER dink terug aan tye wat hy in Amerika deurgebring het en probeer die Trump-verskynsel verstaan. En min skrywers kan so flink tussen persoonlike en politieke geweld beweeg soos Saul Bellow, sê JOAN HAMBIDGE.
Amerika se swak posisie in die Iranse oorlog laat 'n mens wonder hoe die wêreld ná Donald Trump gaan lyk. ALI VAN WYK ontleed Afrikaanse MAGAs en hul reaksie op Trump en die oorlog. Hy deel ook staaltjies oor Johannes Brahms se Ein Deutsches Requiem.
Daar was Dinsdag 'n aankondiging wat maklik verlore kon gegaan het tussen al die ander opspraakwekkende nuus van die laaste paar dae, maar die implikasies daarvan strek dalk selfs wyer, meen WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma is nie vir die dikvelliges nie.
HENRIETTE GELDENHUYS wonder wat maak die Afrikaner-safugees daar in Amerika en 'n leser skryf dat 'non-racial' in sy lewe toe die hele tyd presies die teenoorgestelde is van wat dit veronderstel was om te wees.
PIET CROUCAMP soek en vind die tekens van die Trump-regime se ontrafeling. Die konvensionele wysheid dat Donald Trump aandring op lojaliteit is 'n mite: Die vroue het dit eerste gesien, maar die ajatollas praat lankal daarvan.
ANNELIESE BURGESS deel 'n lysie van goed waarvan sy op die oomblik hou (en haat), word herinner aan 'n skildery van Caravaggio in Italië wat haar oorrompel het en onthou die brutaliteit van Alzheimersiekte in 'n boodskap op 'n ondersteuningsgroep waarvan sy nog 'n lid is.