Die eerste skote van 'n nuwe Koue Oorlog weerklink dalk reeds in die raadsale van die wêreld se pensioenfondse, vrees WILLEM KEMPEN. Daar is oudergewoonte ook 'n Dilemma om op te los.
ANNELIESE BURGESS ontleed die uiters openbare oomblik toe Charlie Kirk se weduwee verklaar dat sy die man vergewe wat haar man vermoor het. Was dit bloot 'n vertoning of 'n uitvloeisel van die komplekse rouproses te midde van geweldige trauma?
Die een oom is vet, die ander een is maer; saam skryf hulle oor misverstande en juiste taalgebruik. GERRIT OLIVIER en KERNEELS BREYTENBACH se vriendskap strek oor meer as 50 jaar, en hulle deel selfs 'n verjaardag. Maar vandag deel hulle meer: Hulle kyk met 'n skerpe blik na digkuns en verdigting.
ALI VAN WYK vertel van 'n staatskool wie se haarreëls vir seuns dieselfde is as vir meisies, terwyl 'n ander een nie so gaaf is nie. Hy gesels ook oor Hector Berlioz, die enigmatiese Franse Romantiese komponis.
PIET CROUCAMP reken Marco Rubio is nie bloot 'n uitvoerende amptenaar nie, maar 'n draer van 'n baie spesifieke historiese geheue wat manifesteer in die regverdigings vir regime-verandering in die land van sy vaders.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n ou plaashuis in die berge waarin sy en familielede dié vakansie gebly het – en van die verhale wat die mure vertel. Oor eenvoud en gestrooptheid, maar ook weerloosheid. Sy deel ook 'n paar interessante feite oor Ernest Hemingway.