JOHAN NEL het in Nobelpryswêreld se gange gaan wandel en deel interessante feite oor dié gesogte toekennings. Hy vertel ook van die formidabele Claudia Roden, 'n koningin in koskringe. En JOAN HAMBIDGE haal aan uit twee vertroostende briewe van Sonja Verbeek.
WILLEM KEMPEN waag 'n voorspelling, en wonder oor wat kan gebeur as risiko en beloning van balans af raak. Vandag se Dilemma is hopelik nie 'n ontnugtering nie.
Diplomatieke bande met Israel het in die huidige tydsgewrig strategies geen sin nie, skryf PIET CROUCAMP. Die volledige verontmensliking van die tweejaar-oorlog in Gaza moet nog verreken word.
Dalk is dit omdat haar sterflikheid soos 'n vlag begin wapper, dat sy God gevind het, skryf ANNELIESE BURGESS. In haar kerk van klippe en veld, in die katedrale van kloof en strand. In die liturgie van voëlgesang en die wierook van nat grond ná reën.
Selfs 'n radio sonder grense kan nie sonder grense wees nie, maan GERRIT OLIVIER. Hy meen omroepers se gemoedelikheid het ook 'n onrusbarende kant. En JOAN HAMBIDGE onthul die trillende oomblik wanneer Sonja haar deur vir Giel oopmaak.
ALI VAN WYK was die afgelope week op 'n mallerige trip saam met twee Kroasiërs en 'n bedeesde Sweed. Hy ontdek ook 'n uiters onglansryke motorfietsmuseum en vertel van die liefde tussen Mozart en Haydn.
WILLEM KEMPEN wals rond tussen Frank-N-Furter en die gebeure by Fort Hare, maar jy sal jou sokkies moet optrek vir vandag se Dilemma. Daar is ook 'n mikro-Gaspos deur C. LOUISE KORTENHOVEN.