WILLEM KEMPEN is bang hy word geskraap, en wonder waarom ons op twee bene loop. Vandag se Dilemma is baie maklik. Daar is ook weer 'n mikro-Gaspos deur C. LOUISE KORTENHOVEN.
Veertig welmenende Afrikaanssprekendes het openbare protes teen die misbruik van Afrikanerskap deur die Trump-administrasie aangeteken. PIET CROUCAMP vertel meer van die griefskrif wat 'n beroering veroorsaak het.
JOHAN NEL het in Nobelpryswêreld se gange gaan wandel en deel interessante feite oor dié gesogte toekennings. Hy vertel ook van die formidabele Claudia Roden, 'n koningin in koskringe. En JOAN HAMBIDGE haal aan uit twee vertroostende briewe van Sonja Verbeek.
WILLEM KEMPEN waag 'n voorspelling, en wonder oor wat kan gebeur as risiko en beloning van balans af raak. Vandag se Dilemma is hopelik nie 'n ontnugtering nie.
Diplomatieke bande met Israel het in die huidige tydsgewrig strategies geen sin nie, skryf PIET CROUCAMP. Die volledige verontmensliking van die tweejaar-oorlog in Gaza moet nog verreken word.
Dalk is dit omdat haar sterflikheid soos 'n vlag begin wapper, dat sy God gevind het, skryf ANNELIESE BURGESS. In haar kerk van klippe en veld, in die katedrale van kloof en strand. In die liturgie van voëlgesang en die wierook van nat grond ná reën.