Op LAUREEN ROSSOUW se radar: Art Fair, 'The Firebird' en wat jy in plaas van sout as geurmiddels in jou geregte kan gebruik. Dan deel JOHAN NEL 'n paar gedagtes oor Valentynskos.
ALI VAN WYK besin oor keerpunte: oomblikke wanneer politieke leiers se mag en hubris begin kraak, maar die einde van hul verwoestende pad nog nie in sig is nie. Hy stel ons ook voor aan die geniale Prokofiev, self die slagoffer van so 'n leier.
WILLEM KEMPEN het gereken Elon Musk se Grok is die ideale manier om te weet wat om oor die berugte Jeffrey Epstein te glo. Daar is ook 'n opvoedkundige Dilemma om op te los.
Tussen 1960 en 1989 is sowat 130 mense in Suid-Afrika tereggestel vir misdade met 'n politieke motief. Oudregter JOHANN KRIEGLER kyk na 'n nuwe boek hieroor.
Na aanleiding van 'n WhatsApp-gesprek binne 'n Dopper-gemeente in Johannesburg wonder PIET CROUCAMP of dit wys sal wees om dié kerk hof toe te neem vir wat ongetwyfeld diskriminasie teen vroue is.
ANNELIESE BURGESS sê 'n voorgevoel van vrees het haar heelweek aan die strot beetgehad. Sy leer van 'dun grense' tussen die bewuste en onderbewuste, en wonder hoekom mense in die wêreld se mees sekulêre land nou weer kerk toe begin gaan.
ALI VAN WYK vertel 'n storie wat nie oor Donald Trump gaan nie, hy praat 'n bietjie nonsens met die diere oor motorname, en hy stel vier wonderlike opnames van Beethoven se Simfonie No. 5 bekend.
Uit LAUREEN ROSSOUW se inboks: Die WAT vier vanjaar sy eeufees en JANA LUTHER deel ’n paar juwele uit dié skatkiswoordeboek; GERRIT OLIVIER praat oor die Oostenrykse skrywer en buitestander Bernhard Thomas, en Kiran Desai skryf weer ná 20 jaar: NICOLE STRAUSS vertel.
Loop saam met WILLEM KEMPEN op die krummelspoor wat strek van KI tot by kopermyne en die Amerikaanse skuldlas. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
PIET CROUCAMP beweer mededingende ekonomiese en tegnologiese akteurs ondermyn reeds geruime tyd die 'rules-based international order'. En Trump is nié die vader van transaksionalisme nie, hy is die resultaat daarvan.