Chris Marnewick, 'n ervare Suid-Afrikaanse advokaat en skrywer wat onder andere 'n handleiding vir Suid-Afrikaanse advokate geskryf het, het nou 'n boek op die rakke oor die Oscar Pistorius-hofsaak. Sy ontleding daag die gevestigde weergawe van die saak uit.
PIET CROUCAMP skryf oor die sluipmoordpoging op Rusland se adjunkhoof van militêre intelligensie, lt.genl. Vladimir Alekseyev, en hoe dit Brittanje in die visier van die Federale Veiligheidsdiens (FSB, die voormalige KGB) en die Buitelandse Intelligensiediens (SVR) geplaas het.
Daar is 'n droom. En dit lei tot 'n deur wat sy 28 jaar gelede toegemessel het. Sy praat nie oor die Waarheidskommissie nie, want dan moet sy daaroor dink. Maar toe kom klop die elektrisiën dié week aan haar deur.
Die terugbeweeg na gemakskos en ou, bekende eetplekke is deesdae 'n duidelike tendens, sê JOHAN NEL. Hy vertel ook van 'n paar lekker winkel- en deli-vondste, en van goed wat ons beslis nie gaan mis nie.
Nuutskeppinge is een van ALI VAN WYK se geheime belangstellings. Hy raak skoon emosioneel oor nuwe woorde, en dis nie altyd mooi nie. Hy skryf ook oor die onderskatte Franse komponis Gabriel Fauré se wonderlike Eerste Klavierkwartet.
Aan die einde van hierdie maand verlaat Karoline Leavitt die Withuis, maar die refrein dat Trump se administrasie die deursigtigste ooit is, sal voortleef, skryf GERRIT OLIVIER.
PIET CROUCAMP grawe 'n ou wysheid uit sy verlede op: Jy kan enige goeie saak ondermyn deur jou kritiek te oordryf. Hy sou hierdie waarheid wou oordra aan Rob Hersov, willewragtig-miljardêr en populistiese stem van die neoregses.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die tydlose aanloklikheid van berge. En sy krap ook rond in 'n Joan Didion-essay oor die verskil tussen notaboeke en dagboeke, maar hoe ons in albei boodskappe aan vorige weergawes van onsself laat.