WILLEM KEMPEN skryf oor Die Brief, nuutgebore Neanderdallers, en hoe swak die mensdom aangepas is vir die wêreld wat ons geskep het. Daar is ook weer 'n dierbare Dilemma.
Suid-Afrika kán waarskynlik van die ANC gered word, skryf PIET CROUCAMP. Maar dit sal vereis dat ons die dapperstes onder ons instuur vir die taak – politici wat bereid is om hulle lewe op die spel te plaas.
Te midde van die jubeling oor vrygelate Israeli-gyselaars en Palestynse gevangenes lê die grootste gedeelte van Gaza in puin, skryf GERRIT OLIVIER. Die psigologiese verminking sal tot ver in die toekoms duur. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
ANNELIESE BURGESS probeer verstaan hoekom godsdiens en politiek mense se koppe soms laat uithaak, en deel allerhande mooi en interessante goed – musiek, 'n helende woudbad, 'n ondergrondse koraalplant, 'n sagte skaapvel vir die bed + 'n gedig en 'n boek.
KERNEELS BREYTENBACH onthul 'n geheime subdepartement van MI6 wat sedert die 1970's die musikale gedrag van denkende wesens monitor. En JOAN HAMBIDGE bevestig dat Sonja Verbeek en Giel Benade 'n match made in heaven is – en dat die foefieslaaid nog werk.
ALI VAN WYK vertel van 'n fliek wat so goor is dat jy dit beslis moet kyk. Hy beveel ook vier ander TV-programme aan, deel 'n paar prikkelende video's en bespreek Arcangelo Corelli, Barokmusiek se vroegste genie.
WILLEM KEMPEN is bang hy word geskraap, en wonder waarom ons op twee bene loop. Vandag se Dilemma is baie maklik. Daar is ook weer 'n mikro-Gaspos deur C. LOUISE KORTENHOVEN.
Veertig welmenende Afrikaanssprekendes het openbare protes teen die misbruik van Afrikanerskap deur die Trump-administrasie aangeteken. PIET CROUCAMP vertel meer van die griefskrif wat 'n beroering veroorsaak het.